Wikipedia:Ensiklopediese relevansie: Verskil tussen weergawes

Taal
k (Wysigings deur 203.177.4.200 teruggerol na laaste weergawe deur K175)
Etiket: Terugrol
(Taal)
 
Binne Wikipedia bepaal die '''noemenswaardigheid''' of '''relevansie''' van 'n onderwerp of dit 'n eie artikel verdien. Hierdie "ensiklopediese relevansie" berus nie noodwendig op beroemdheid, belangrikheid of gewildheid nie, alhoewel hierdie dinge gewoonlik bydra tot die ensiklopediese relevansie van 'n artikel, soos onder beskryf.
 
Die riglyne komplementeer dié in ''[[Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie|Wat Wikipedia nie is nie]]'', ''[[Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing|Geen oorspronklike navorsing]]'' en ''[[Wikipedia:Verifieerbaarheid|Verifieerbaarheid]]''. Hierdie bladsy is nie bedoel om die inhoud van 'n artikel te beperk nie, maar bloot om vas te stel of die onderwerp 'n artikel verdien.