Verskil tussen weergawes van "Paleoseismologie"

Skakel
(Uitleg van bronteks)
(Skakel)
 
'''Paleoseismologie''' is die studie van prehistoriese [[aardbewing]]s, waar en wanneer hulle plaasgevind het en hoe kragtig hulle gewees het.
 
Hierdie deelgebied van die [[seismologie]] en die geologie is taamlik jonk en dateer van die 1970s.
 
Die kennis van die geskiedkundige aardbewings dek net 'n periode van 'n paar honderd jaar en die instrumentele navorsing slegs ongeveer 50 jaar. Die paleoseismologie brei dit tot ongeveer 100 000 jaar uit. Dit is baie belangrik vir die beraming van die gevare wat aardbewings teweeg kan bring. 'n Interdissiplinêre deelgebied van hierdie wetenskap is die [[argeoseismologie]] wat paleoseismologiese en argeologiese gegewes vergelyk.