Verskil tussen weergawes van "Pablo Picasso"

(Spanje is 'n land, Spaans is 'n nasionaliteit)
Sy eerste werke, met hul golwende lyne en kleurvlakke, het baie aan die art nouveau herinner: die onderwerpe getuig van 'n sosiale bewustheid wat effe melodramaties oorgedra word. Picasso het sedert 1900 dikwels in [[Parys]] gebly, waar hy met die avant garde van die stad in aanraking gekom het.
 
Hy was 'n bewonderaar van [[Théophile Alexandre Steinlen]] (1859-1923) en veral van [[Henri de Toulouse-Lautrec]] (1864-1901), soos duidelik gesien kan word in sy pasteltekening ''Yvette Guilbert'' (1900). Sy werk wat tussen 1900 en 1904 geskep is, staan as sy Blou-tydperk bekend. Die skilderye van bedelaars, straatsangers en ander figure is deurtrek van ʼn moedelose melankolie, eensaamheid en verlorenheid, wat Picasso in ʼn dowwe blou weergegee het.
 
Sedert 1904 het narre en akrobate in Picasso se werk te voorskyn getree. Hy het die figure feitlik daagliks by die Médrano-sirkus gesien, en met die nuwe onderwerp het hy sy kleurgebruik en komposisie verander: lyn het belangriker geword terwyl hy meer klem op 'n juiste vormgewing geplaas het as op die weergawe van 'n bepaalde stemming. Blou het plek gemaak vir vrolike, helder, maar delikate pienk en sagte [[Terracotta (kleur)|terra-cotta]], en die periode het as Picasso se Pienk-tydperk bekend geword.
Anonieme gebruiker