Verskil tussen weergawes van "Grietjie (kanon)"

Toe kommandant-generaal [[Piet Potgieter]] in 1854 oorlede is, het die gemeenskap van Soutpansberg [[Stephanus Schoeman]] gevra om hulle nuwe kommandant-generaal te word. Hy is op 1 Junie 1855 ingesweer en het kort daarna die naam Soutpansbergdorp na [[Schoemansdal]] verander.
 
Teen 1855 was daar reeds ongeveer 1 800 inwoners en die dorp was ʼn belangrike handelsentrum, veral vir [[ivoor]]. Na raming is ongeveer 10 000 olifante per jaar suid van die [[Zambezirivier|Zambezirivie]]<nowiki/>r platgetrek. Op hierdie verafgeleë dorp is voortdurend ʼn gebrek aan ammunisie ervaar, veral vir verdediging teen omliggende swart stamme. Schoeman het ʼn skans in die dorp laat bou om sy mense te beveilig. Dit is langs die kerk in die dorp geleë.
 
Met Schoeman se vertrek na [[Pretoria]] in 1859 was daar blykbaar ʼn dispuut oor Grietjie, wat deur generaal Potgieter uit die ou kolonie meegebring is. Hy wou die kanon saam neem na die suide, maar [[veldkornet]] Piet Eloff en ander het hul daarteen verset, omdat die verwydering daarvan die grens heeltemal sou ontbloot.