Verskil tussen weergawes van "Grietjie (kanon)"

Verbeter
(Verbeter)
Daar bestaan onsekerheid oor die herkoms van die benaming “Grietjie”. ʼn Bewering wat byvoorbeeld nie gestaaf kan word nie, is dat die kanon na [[Piet Retief]] se dogter, Margaretha Magdalena, vernoem is. Sy was in die omgang as Grieta Retief bekend en is op 4 Desember 1836 met Marthinus Jacobus Viljoen getroud. Hy was later lid van die uitvoerende raad, tesourier-generaal en vise-president van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] (ZAR).
 
As die [[Nederlands]]<nowiki/>e taal in oënskou geneem word, blyk dit dat die naam “Griet” in spreekwoorde gebruik word om ʼn kwaai vrou te beskryf, byvoorbeeld: ''Twee Grieten en eene Anne, kunnen den drommel uit de hel bannen'', en ''Daar twee Grieten in huis zijn, behoeft men geen bassenden (''blaffende'') hond''.
 
In [[Gent|Gent,]] [[België]], staan ʼn kanon met die naam “de Dulle Griet”, wat teen ongeveer 1450 in [[Vlaandere]] vervaardig is. Dit is dus meer aannneemlik en te verstane waarom ʼn rumoerige stuk swaargeskut die naam “Griet” gekry het – ʼn raserige, kwaai vrou.