Wikipedia:Voorbladartikel week 7 2020: Verskil tussen weergawes

Verwyder eufemisme
(Laaste sin verwyder op versoek van Burgert Behr)
(Verwyder eufemisme)
Die term '''seks''' (afgelei van die [[Latyn|Latynse]] ''sexus'' "geslag") verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term [[Menslike seksuele gedrag|seksuele handelings]] tussen twee of meer persone in, veral ''seksuele omgang'' en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook [[masturbasie]]. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos ''geslagsgemeenskap'' of ''koïtus''.
 
Die seksdaadSeks vervul ’n aantal verskillende funksies: Dit bevredig die seksdrang (libido), bewerkstellig [[voortplanting]] en speel ook ’n sentrale rol in liefdesverhoudings, waar dit 'n belangrike vorm van sosiale interaksie verteenwoordig en gevoelens van teerheid, geneentheid en liefde tot uitdrukking bring.
 
In die engste sin beteken seks die [[penetrasie]] van die vroulike [[vagina]] met die manlike [[penis]]. Dit is ook bekend as "vaginale seks". Ander vorme van seks waarby penetrasie betrokke is, sluit in [[anale seks]] (penetrasie van die [[anus]] met die penis), [[orale seks]] (penetrasie van die mond met die penis of orale penetrasie van die vagina), [[vingerseks]] (penetrasie met die vingers) en penetrasie met behulp van ’n [[dildo]].