Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Voorbladartikel week 7 2020"

verwyder grafika, aansienlik korter
k (Wysigings deur Aliwal2012 teruggerol na laaste weergawe deur K175)
Etiket: Terugrol
(verwyder grafika, aansienlik korter)
Die term '''seks''' (afgelei van die [[Latyn|Latynse]] ''sexus'' "geslag") verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term [[Menslike seksuele gedrag|seksuele handelings]] tussen twee of meer persone in, veral ''seksuele omgang'' en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook [[masturbasie]]. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos '''geslagsgemeenskap''' of '''koïtus'''.
[[Lêer:Wiki-cowgirl.png|duimnael|160px|[[Heteroseksualiteit|Heteroseksuele]] seks.]]
[[Lêer:Wiki-anal missionary.png|duimnael|160px|[[Homoseksualiteit|Homoseksuele]] seks tussen twee [[Man|mans]].]]
[[Lêer:Wiki-tribadism.png|duimnael|160px|Homoseksuele seks tussen twee [[Vrou|vroue]].]]
Die term '''seks''' (afgelei van die [[Latyn|Latynse]] ''sexus'' "geslag") verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term [[Menslike seksuele gedrag|seksuele handelings]] tussen twee of meer persone in, veral ''seksuele omgang'' en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook [[masturbasie]]. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos '''geslagsgemeenskap''' of '''koïtus'''.
 
Seks vervul ’n aantal verskillende funksies: Dit bevredig die seksdrang (libido), bewerkstellig [[voortplanting]] en speel ook ’n sentrale rol in liefdesverhoudings, waar dit 'n belangrike vorm van sosiale interaksie verteenwoordig en gevoelens van teerheid, geneentheid en liefde tot uitdrukking bring.
 
In die engste sin beteken seks die [[penetrasie]] van die vroulike [[vagina]] met die manlike [[penis]]. Dit is ook bekend as "vaginale seks". Ander vorme van seks waarby penetrasie betrokke is, sluit in [[anale seks]] (penetrasie van die [[anus]] met die penis), [[orale seks]] (penetrasie van die mond met die penis of orale penetrasie van die vagina), [[vingerseks]] (penetrasie met die vingers) en penetrasie met behulp van ’n [[dildo]].
 
In talle lande bestaan daar wette teen sekere sekswandade, soos [[bloedskande]], seks met [[minderjarige]]s, [[prostitusie]], [[bestialiteit]], [[sodomie]], [[owerspel]] en voor- en buitehuwelikse seks. [[Godsdiens]]sienings speel ook ’n rol in persoonlike besluite oor seksuele aktiwiteit, soos besluite oor [[maagdelikheid]].
 
Seksuele handelings is ook onderhewig aan die reg op seksuele selfbestemming, en in die meeste beskaafde lande word hierdie reg deur wette beskerm wat ’n straf oplê vir mense wat seks sonder instemming, soos [[verkragting]], uitoefen of probeer uitoefen.
Hoewel "seks", "seksuele omgang" of "gemeenskap" feitlik altyd dui op die penetrasie van die vagina met die penis kan "seks" ’n aansienlik breër betekenis hê en kan dit penetrerende en nie-penetrerende seks tussen twee of meer mense insluit. Die [[Wêreldgesondheidsorganisasie]] (WGO) verklaar dat nie-Engelse tale en kulture verskillende woorde vir seksuele aktiwiteit het, "met effens verskillende betekenisse".
 
: ''[[Seks|...lees verder]]''
12 721

wysigings