Verskil tussen weergawes van "Bespreking:Seks"

703 grepe bygevoeg ,  3 maande gelede
 
::::::: {{ping|Alias}} Ek sou so ver gaan as om te sê dat Wikipedia veronderstel is om in 'n morele vakuum te bestaan. Hoe mense daarop reageer, moenie eintlik iets wees wat deur bydraers hier in ag geneem behoort te word nie, al loop dit uit op blokkering van die domein op byvoorbeeld 'n skool se netwerk. Nasiestate het reeds die stap geneem om toegang tot Wikipedia te versper weens die inhoud wat dit huisves. Ons sal tog nie die ensiklopedie aanpas om by 'n spesifieke nasiestaat, 'n religieuse skool, of 'n private maatskappy se riglyne of voorkeure in te val nie. – [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|skil 'n appeltjie]]) 19:43, 13 Februarie 2020 (UTC)
 
:::::::: [[Gebruiker:K175|K175]], ek raai ons opinies oor hierdie beginsels is eintlik báie naby aan mekaar! Maar as ons in 'n vakuum bestaan, dan kan ons nie van mense verwag om aan ons lisensie te voldoen, hulle van vandalisme te weerhou, 'n gesprek soos hierdie konstruktief te probeer hou, of enigiets in daardie rigting nie. Die regte lewe het maar grys areas en morsighede, en ek het my mening gegee oor hoe om dit op te los. Die lokteks op die voorblad is nou beskerm weens my "vandalisme", en ek sal in die bed moet kom. Hierdie saak sal noodwendig oorwaai met die nuwe week se voorbladartikel. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:51, 13 Februarie 2020 (UTC)
12 721

wysigings