Verskil tussen weergawes van "Eksistensiële krisis"

Kognitiewe dissonansie skakel
(Bygewerk)
(Kognitiewe dissonansie skakel)
 
In nie-eksistensiële [[religie|godsdienstige stelsels]] word die wese van menswees hoofsaaklik toegeskryf aan 'n voorgeboortelike oorsaak, soos 'n bonatuurlike wese of 'n groep wesens. 'n Sekere gebrek aan geloof in sulke godsdienstige stelsels is 'n tipiese voorwaarde vir 'n eksistensiële krisis. In wese is 'n eksistensiële krisis die skielike besef dat jy nie weet waaroor jou eie lewe gaan nie en / of die skielike bewustheid van jou onvermydelike persoonlike lot.
 
[[Kognitiewe dissonansie]] ontstaan wanneer 'n persoon gekonfronteer word met die paradoks dat hy of sy glo dat sy of haar [[lewe]] belangrik is, terwyl hy of sy ook daarvan bewus is dat die menslike bestaan op sigself betekenisloos of sonder doel is. Dit is die opheffing van hierdie paradoks wat die krisis lig, óf deur die een "been" van die paradoks af te skaf deur geloof in 'n bepaalde vorm van bonatuurlike verklaring deur godsdiens te aanvaar; of deur die ander "been" van die paradoks te elimineer deur self te definieer wat die betekenis en doel van 'n mens se bestaan in verhouding tot die wêreld is.
 
Eksistensiële krisisse word soms veroorsaak deur 'n belangrike gebeurtenis of verandering in 'n persoon se lewe. Gewoonlik laat hierdie gebeurtenis die persoon reflekteer oor sy of haar sterflikheid en sodoende die onderdrukking daarvan openbaar. Tipiese voorbeelde van sulke gebeurtenisse is die [[dood]] van 'n geliefde, 'n naby-dood ervaring, die gebruik van psigedeliese middels soos [[LSD]], die onafhanklikheid van iemand se kinders, 'n sekere ouderdom of 'n sekere tyd in eensame opsluiting.
3 972

wysigings