Verskil tussen weergawes van "Voorlaaier (geweer)"

==Byname==
[[Lêer:British Military Short Land Pattern Musket.jpg|duimnael|links|350px|’n Britse "Brown Bess", wat deur sommige Voortrekkers gebruik is.]]
[[Lêer:COLLECTIE TROPENMUSEUM Donderbus met vuursteenslot TMnr 214-3.jpg|duimnael|links|350px|’n "Donderbus". (Die haan is afgebreek.)]]
Om tussen verskillende fabrikate voorlaaiers te onderskei het die Voortrekkers byname of die fabrikaat van die geweer gebruik. Volgens De Klerk het die naam "bobbejaanboud" gedui op die vorm van die kolf. "Sterloop" was ’n algemene naam vir ’n bepaalde soort geweer, wat ’n silwer sterretjie op die loop ingelê gehad het, voor of agter die visier. Die beste sterlope was die "Frederik Bothas", wat na die vervaardiger genoem is – die meeste was agt- of tienponders.