Verskil tussen weergawes van "Hermann Kallenbach"

Geen grootteverandering nie ,  7 maande gelede
Verbeter
(Verbeter)
 
=== Meisieskoshuis, Langlaagte-weeshuis ===
[[Lêer:Meisieskoshuis, Langlaagte-weeshuis.jpg|rgesregs|250px|duimnael|Die meisieskoshuis van die Langlaagte-weeshuis, ontwerp deur Kallenbach.]]
Omstreeks 1906 was die plan deur Kallenbach en Reynolds vir die nuwe meisieskoshuis van die Langlaagte-weeshuis reeds geruime tyd gemaak. Die ontwerp was vir 'n gebou wat 150 meisies sou kon huisves. Dit sou 150 voet lank en 75 breed wees, uit twee verdiepings bestaan en £11 000 kos. Ds. [[Abraham Kriel]] was nie van plan om meer as £4 500 aan die gebou te bestee nie. Kallenbach het verklaar dat hy daarvoor geen kans sien nie, maar hy was gewillig om sy vergoeding te ontvang volgens die kontant-uitgawe aan die gebou. Die werk is nie aan 'n kontrakteur toevertrou nie, maar werkslui is daarvoor aangestel, onder toesig van J. Overbeek, die weeshuistimmerman. Twee hoekstene vir dié gebou is op [[4 September]] [[1907]] gelê deur mev. genl. [[Piet Joubert]] en ds. [[Hermanus Bosman|H.S. Bosman]] onderskeidelik. Die naam Talita Kumi is aan die gebou gegee.