Verskil tussen weergawes van "Matras"

3 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
(Skakel)
Tyk is die beskermende materiaal waarmee matrasse en basisse oorgetrek word. Dit word gewoonlik ontwerp om by die basis se materiaal te pas en is te kry in 'n wye verskeidenheid kleure en style. Matrasmateriaal kan verweefde stof, damas- of gedrukte stof of goedkoop ongeweefde materiaal wees. Die afgelope dekade, met die toename in die gewildheid van matrasse wat net uit spons gemaak is, het rekbare geweefde tyk op die bed se bovlak 'n standaardvoorkoms op sowel binneveer- as sponsdebbens geword. Die meeste tyk word van poliëstergare gemaak. Duurder matrasse kan 'n kombinasie van poliëster en wol, katoen, sy, wol of ander natuurlike gare bevat.<ref>Nelles, Barbara.</ref>
 
Tot in die vroeë 2000's is beddens normaalweg met 'n enkele materiaal gestoffeer. Dit was gewoonlik 'n damastyk of, vir goedkoop bedstelle, 'n niegeweefde materiaal wat alle oppervlakke van die matras en basis bedek. Hedendaagse bedstelle word met tot ses verskillende materiale bedek: 'n Goeiegehalte-bovlak – die bed se slaapoppervlak – van 'n sirkelgeweefde of geweefde damask[[damas]]; 'n bypassende of kontrasterende [gewoonlik geweefde] materiaal teen die kante van die matras; 'n bypassende of kontrasterende [gewoonlik geweefde] materiaal teen die basis se kantpanele; 'n glyvaste geweefde of nie-geweefde materiaal op die bovlak van die basis en die onderkant van die matras; en 'n ongeweefde stofbedekking aan die onderkant van die basis. Sommige Noord-Amerikaanse matrasvervaardigers het begin om meubelstofferingmateriaal op die bed se omranding te gebruik, wat die beddens 'n meer Europese huismeubileringvoorkoms gee.<ref>Nelles, Barbara.</ref>
 
=== Sponsmatras ===
Anonieme gebruiker