Verskil tussen weergawes van "Kofi Annan"

16 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
[[Lêer:Flickr - World Economic Forum - Kofi Annan - World Economic Forum Annual Meeting 2004.jpg|duimnael|links|upright|Annan by die jaarvergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum in 2004]]
 
Kofi Atta Annan is op 8 April 1938 in [[Kumasi]], [[Ghana]] aanvir Henry en Victoria Annan gebore. Hy het die grootste deel van sy kinderjare in Bekwi deurgebring. Sy pa was die verkose regeerderheerser van die streek [[Asjanti (streek)|Asjanti-provinsie]] en die hoofman van die Fante-stam. Hy het vir die United African Company gewerk.
 
Annan het by 'n universiteit in Ghana in die wetenskap en tegnologie begin studeer. Hier het hy 'n prys ontvang wat hom in staat gestel het om in die VSA by die Macalester-kollege in [[Minnesota]] te gaan studeer. Vanaf 1961 tot 1962 was hy besig met sy nagraadse studies in die ekonomie by die Institut Universitaire de Hautes Études Internationales in [[Genève]], [[Switserland]]. In 1972 het hy sy meestersgraad aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in die VSA verwerf.