Verskil tussen weergawes van "Biologiese oorlogvoering"

k
Skakel
k (Skakel)
Biologiese wapens kan op verskillende maniere gebruik word om 'n [[strategie]]se of taktiese voordeel bo die vyand te kry, hetsy deur dreigemente of deur daadwerklike ontplooiings. Soos sommige chemiese wapens, kan biologiese wapens ook nuttig wees as wapens om gebiede ontoeganklik te maak. Hierdie middels kan dodelik of nie-dodelik wees en kan teen 'n enkele individu, 'n groep mense of selfs 'n hele bevolking gebruik word. Dit kan ontwikkel word, aangeskaf, gestoor of ontplooi word deur state of deur nie-staatsgroepe. In laasgenoemde geval, of as 'n staat dit klandestien gebruik, kan dit ook as bio[[terrorisme]] beskou word.<ref name="wheelis">{{Cite book |last=Wheelis|first=Mark|last2=Rózsa |first2=Lajos |last3=Dando |first3=Malcolm | name-list-format = vanc |title=Deadly Cultures: Biological Weapons Since 1945|publisher =Harvard University Press|year=2006|pages=284–293, 301–303|isbn=978-0-674-01699-6}}</ref>
 
Biologiese oorlogvoering en chemiese oorlogvoering oorvleuel tot 'n mate, aangesien die gebruik van gifstowwe wat deur sommige lewende organismes geproduseer word, onder die bepalings van die [[Biologiese Wapenkonvensie]] en die Chemiese Wapenkonvensie verbied word. Daar word dikwels na gifstowwe en psigochemiese wapens verwys as middenspektrumagente. Anders as biowapens, reproduseer hierdie middelspektrumagente nie in hul gasheer nie en word dit tipies gekenmerk deur korter inkubasietydperke.<ref>{{cite book | last = Gray | first = Colin | name-list-format = vanc | date = 2007 | title = Another Bloody Century: Future Warfare | pages = 265–266 | publisher = Phoenix | isbn = 978-0-304-36734-4 }}</ref>
 
Die gebruik van biologiese wapens is verbode volgens die internasionale humanitêre reg<ref>[https://ihl-databases.icrc.org/customary-ihl/eng/docs/v1_rul_rule73 Rule 73. The use of biological weapons is prohibited.] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20170412143836/https://ihl-databases.icrc.org/customary-ihl/eng/docs/v1_rul_rule73 |date=12 April 2017 }}, ''Customary IHL Database'', International Committee of the Red Cross (ICRC)/Cambridge University Press.</ref>, sowel as ingevolge 'n verskeidenheid internasionale verdrae.<ref>''Customary Internal Humanitarian Law, Vol. II: Practice'', Part 1 (eds. Jean-Marie Henckaerts & Louise Doswald-Beck: Cambridge University Press, 2005), bl. 1607–10.</ref> Die gebruik van biologiese agente in gewapende konflik is 'n oorlogsmisdaad.<ref>Alexander Schwarz, "War Crimes" in ''[https://books.google.com/books?id=boWuDQAAQBAJ&pg=PA1317 The Law of Armed Conflict and the Use of Force: The Max Planck Encyclopedia of Public International Law] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20170412144548/https://books.google.com/books?id=boWuDQAAQBAJ&pg=PA1317 |date=12 April 2017 }}'' (eds. Frauke Lachenmann & Rüdiger Wolfrum: Oxford University Press, 2017), bl. 1317.</ref>
15 754

wysigings