Verskil tussen weergawes van "Motordryfuitleg"

Geen grootteverandering nie ,  7 maande gelede
k
VA->VV (korreksie)
k (VA->VV (korreksie))
Voorwieldryfuitlegte is dié waarin die voorwiele die voertuig aandryf. Die gewildste uitleg wat deesdae in motors gebruik word, is die voorenjin, voorwielaandrywing (VV-uitleg), met die enjin voor die vooras en die dryfkrag wat alles na die voorwiele gevoer word. Hierdie uitleg word tipies gekies vir sy kompaktheid; aangesien die enjin en dryfwiele aan dieselfde ent van die voertuig is, is daar geen nodigheid vir 'n sentrale tonnel (onderdeur die passasierskompartement) om 'n [[dryfas]] tussen die enjin en die dryfwiele te akkommodeer nie.
 
Omrede die stuurwiele ook die dryfwiele is, word VV-uitlegmotors in die algemeen as beter beskou as VA-motors (voorenjin, agterwieldryfuitleg) in toestande soos sneeu, modder, of nat teer. Die gewig van die enjin oor die dryfwiele verbeter ook die voertuig se greep in sulke omstandighede. Maar kragtige motors gebruik selde die VAVV-uitleg omrede gewigsverskuiwing tydens harde versnelling die massa op die voorwiele en dus hul vastrap verminder, en die wringkrag wat aangewend kan word beperk. Elektroniese vastrapbeheer kan wieltol vermy, maar skakel ook die voordeel van ekstra wringkrag/krag uit.
 
'n [[Dwarsgemonteerde enjin]] (ook bekend as 'n "oos-wes") word algemeen gebruik in VV-uitlegte, in teenstelling met die VA wat 'n [[langsgeplaasde enjin]] gebruik. Die VV-uitleg beperk ook die grootte van die enjin wat in moderne enjinkompartemente gepas kan word, en VV-konfigurasies het gewoonlik 'n [[inlynviersilinder]] of [[V6-enjin]], terwyl langer enjins soos 'n [[inlynsessilinder]] en [[V8-enjin|90° V8]] selde sal pas. Dit is nog 'n rede waarom luukse/sportmotors die VV-uitleg vermy. Uitsonderings bestaan ook, soos die Volvo S80 (FWD/4WD) wat gebruik maak van 'n dwarsgemonteerde inlyn-6 of V8-enjin, en die Ford Taurus, wat beskikbaar is met 'n 60° V8 en allewielaandrywing.
84 507

wysigings