Verskil tussen weergawes van "Kongorivier"

209 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
k
Opruim
k (Opruim)
| kaart = River Congo.svg
| kaartbyskrif = Die stroomgebied van die Kongorivier.
| oorsprong = [[Mitumbagebergte]] ([[Demokratiese Republiek van die Kongo]])
| monding = [[Kongodelta]], [[Angola]], [[Demokratiese Republiek van die Kongo]]<br />[[Atlantiese Oseaan]]
| stroomgebied_lande = [[Angola]], [[Demokratiese Republiek van die Kongo]], [[Republiek van die Kongo]]
| lengte = 4&nbsp;700&nbsp;km (2&nbsp;920 &nbsp;myl)
| hoogte = 1&nbsp;735&nbsp;m (5&nbsp;691 &nbsp;voet)
| monding_hoogte = 0 &nbsp;m
| afloop = 41&nbsp;000&nbsp;m³/s (1&nbsp;447&nbsp;901 ft&nbsp;vt³/s)
| stroomgebied = 4&nbsp;014&nbsp;500&nbsp;km² (1&nbsp;550&nbsp;007 &nbsp;myl²)
| kaart_beeld = Fleuve rdc.svg
| kaart_byskrif = Kaart van die Kongorivier-bekken in Afrika.
}}
 
Die '''Kongorivier''' ([[Frans]]: ''fleuve Congo'', [[Portugees]]: ''Rio Congo'', voorheen ook bekend as die '''Zaïrerivier''') is 'n groot [[wes]]-vloeiende rivier in [[Afrika]], die diepste rivier ter wêreld, met 'n diepte van meer as 220 meter (720 voet).<ref name="usgs2008">{{en}} {{cite web |title= Discharge and Other Hydraulic Measurements for Characterizing the Hydraulics of Lower Congo River, July 2008 |first=Kevin |last=Oberg |date=Julie 2008-07 |publisher=U.S. Geological Survey |url=http://hydroacoustics.usgs.gov/publications/Measurements4LowerCongo-6.pdf}}</ref> Dit is per volume afloopwater die derde grootste rivier ter wêreld. Die rivier, met 'n lengte van 4&nbsp;700&nbsp;km (2&nbsp;920 myl), is ná die [[Nylrivier]] die tweede langste rivier in Afrika en die negende langste in die [[wêreld]].
 
Die Kongorivier vloei deur die volgende lande: [[Angola]], die [[Demokratiese Republiek van die Kongo]] en die [[Republiek van die Kongo]], asook deur die volgende stede: [[Brazzaville]] en [[Kinshasa]] en mond uit in die [[Atlantiese Oseaan]].
 
Die Kongo se naam kan teruggevoer word na die antieke Koninkryk van die Kongo, wat die lande by die riviermond beslaan het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Republiek van die Kongo, wat al twee langs die rivieroewers geleë is, is daarna genoem. Tussen 1971 en 1997 het die regering van die destydse [[Zaïre]] dit die ''Zaïrerivier'' genoem.
 
== Stroomgebied en rivierloop ==
[[Lêer:Oxfam East Africa - Mbandaka market.jpg|duimnael|links|Die dorpie Mbandaka is 'n besige hawe op die oewers van die Kongorivier]]
[[Lêer:Chutes Livingstone.jpg|duimnael|links|Die begin van die Livingstone-waterval naby Kinshasa]]
Die Kongorivier se [[opvanggebied]] beslaan 4 &nbsp;014 &nbsp;500 vierkante kilometer (1 &nbsp;550 &nbsp;000 vierkante myl).<ref name=bossche>{{en}} {{cite book |last= Bossche |first=, J.P. vanden; |coauthors=Bernacsek, G. M. Bernacsek |title= Source Book for the Inland Fishery Resources of Africa, Volume 1 |year= 1990 |publisher= Food and Agriculture Organization of the United Nations |isbn= 978-92-5-102983-1 |url= http://books.google.com/books?id=WLZRxM9vfXoC&pg=PA338 |pages= 338–339}}</ref> Die Kongo se afloop by die riviermonding wissel tussen 23 &nbsp;000 kubieke meter per sekonde (810 &nbsp;000 kubieke voet per sekonde) tot 75 000 kubieke meter per sekonde (2 &nbsp;600 &nbsp;000 kubieke voet per sekonde), met 'n gemiddelde van 41 &nbsp;000 kubieke meter per sekonde (1 &nbsp;400 &nbsp;000 kubieke voet per sekonde).<ref name=bossche />
 
Die rivier en sy sytakke loop deur die Kongoreënwoud, die tweede grootste reënwoud ter wêreld net na die Amasonereënwoud in [[Suid-Amerika]]. Die rivier beklee ook die derde plek wat grootte betref (wat die [[Amasonerivier|Amasone]] en die [[Ganges]]-[[Brahmaputra]]-Meghna-kompleks opvolg), die derde grootste opvanggebied (na die [[Amasonerivier|Amasone]] en [[Río de la Plata]]-riviere) en is een van die diepste riviere ter wêreld, met 'n diepte van meer as 220 meter (720 voet).<ref name="usgs2008" /><ref>{{en}} {{cite web |title=Monster Fish of the Congo |url=http://channel.nationalgeographic.com/series/explorer/3826/Overview|work=National Geographic Channel|year=2009}}</ref> Omrede die opvanggebied gevoed word uit sytakke in sowel die noorde as die suide van die [[ewenaar]], bly die loop standhoudend, omrede daar altyd ten minste een deel van die rivier sy reënseisoen kry.<ref>{{en}} [http://rainforests.mongabay.com/congo/congo_river.html The Congo River]. Rainforests.mongabay.com. RetrievedBesoek onop 2011-11-29 November 2011.</ref>
 
Die oorsprong van die Kongorivier is in die hoogland en berge aan die [[Groot Skeurvallei|Oos-Afrikaanse Slenkdal]] asook die [[Tanganjika-meer]] en Mwerumeer wat die Lualabarivier voed, wat dan oor die Boyoma-waterval na benede in die Kongorivier verander. Die Chambeshi in [[Zambië]] word gewoonlik beskou as die hoofbron van die Kongorivier, soos die gebruik wêreldwyd is om op die langste sytak te konsentreer, soos met die Nylrivier gedoen word.
 
Vanaf Kisangani, net onder die Boyomawaterval, vloei die Kongorivier meestal noordwaarts, krom dan geleidelik suidweswaarts, loop verby Mbandaka, loop in die Ubangirivier in en dan by die Malebodam[[Malebo-poel]] (StanleydamStanley-poel). Kinshasa (vroeër Léopoldville) en Brazzaville lê aan weerskante van die rivier by die dam, waar die rivier vernou en oor die katarakte in diep klowe (gesamentlik bekend as die Livingstone-waterval) stort, verby Matadi en Boma vloei en uiteindelik by die see langs die dorpie Muanda uitmond.
 
Die Kongostroomgebied is een van die kenmerkende fisiografiese seksies van die groter Midde-Afrika provinsie, wat weer deel uitmaak van die groter Afrika-massief fisiografiese afdeling.
 
== Ekonomiese belang ==
Hoewel die Livingstone-waterval deurgang vanaf die see verhinder, is bykans die hele Kongorivier maklik bevaarbaar, veral tussen Kinshasa en Kisangani. Groot rivierstoomskepe was tot heel onlangs nog aan die gang. Die Kongorivier bly steeds die lewensaar in 'n land met min paaie en spoorweë.<ref>{{en}} Kyk byvoorbeeld Thierry Michel se film [http://www.congo-river.com/ Congo River]</ref>
 
Die spoorweë loop vandag 'n omweg verby die drie groot watervalle en baie van die Sentraal-Afrikaanse handelsware word oor water vervoer, soos [[koper]], palmolie (in die vorm van palmpitte), [[suiker]], [[koffie]] en [[katoen]]. Die rivier beskik oor die potensiaal om vir kragopwekking gebruik te word, waarvan die Ingadamme, onder die MalebodamMalebo-poel, heel eerste benut kan word.
 
=== Hidroëlektriese krag ===
Die Kongorivier is die kragtigste rivier in Afrika. Tydens die reënseisoen spoel 50 000 kubieke meter (1 &nbsp;800 &nbsp;000 kubieke voet) water per sekonde in die Atlantiese Oseaan in. Die geleentheid staan dus soos 'n paal bo water vir die Kongorivier en sy sytakke om krag op te wek. Wetenskaplikes reken die hele Kongostroomgebied kan tot 13% van die hele wêreld se [[hidroëlektrisiteit]] lewer. Dit is genoeg krag om die hele Afrika suid van die [[Sahara]] van elektrisiteit te voorsien.<ref name="weetlogs.scilogs.be">{{en}} [http://weetlogs.scilogs.be/index.php?op=ViewArticle&articleId=331&blogId=27&utm_source=twitterfeed&utm_medium=twitter Alain Nubourgh, Belgian Technical Cooperation (BTC)]. Weetlogs.scilogs.be (2010-04-27 April 2010). RetrievedBesoek onop 2011-11-29 November 2011.</ref>
 
Tans is daar sowat veertig hidroëlektriese kragstasies in die Kongostroomgebied.
 
In Februarie 2005 het die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde kragprodusent, [[Eskom]], 'n voorstel ter tafel gelê wat Inga se kragkapasiteit aansienlik sal verhoog deur verbetering en die aanbou van 'n addisionele hidroëlektriese dam.
Die projek se maksimumafvoer sal verhoog word tot 40 gigawatt, wat dubbel soveel as Sjina se Drieklowedam is.<ref>{{en}} {{cite news |url=http://www.guardian.co.uk/congo/story/0,12292,1425023,00.html |title=Could a $50bn plan to tame this mighty river bring electricity to all of Africa? |work=World news |publisher=The Guardian | location=London | first=Jeevan | last=Vasagar | date=2005-02-25 Februarie 2005 | accessdate=2010-04-30 April 2010}}</ref>
 
Daar word gevrees dat hierdie nuwe hidroëlektriese aanlegte tot die uitsterf van baie riviervisspesies kan lei.<ref name=RoughWaters />
 
== Natuurgeskiedenis ==
[[Lêer:Kinshasa & Brazzaville - ISS007-E-6305 lrg.jpg|duimnael|Satellietfoto van Brazzaville, Kinshasa en die Malebodam[[Malebo-poel]] vanin die Kongorivier]]
Die Kongorivier is 1,5 – 2 miljoen jaar gelede tydens die Pleistoseen gevorm.<ref name="Beadle1981">{{en}} {{cite book|author=Leonard C. Beadle|title=The inland waters of tropical Africa: an introduction to tropical limnology|url=http://books.google.com/books?id=iAIUAQAAIAAJ|accessdate=2 April 2011|year=1981|publisher=Longman|isbn=978-0-582-46341-7|page=475}}</ref>
 
Die Kongo se vorming kon gelei het tot die allopatriese spesievorming (waar [[spesie]]s tot so 'n mate weg van mekaar migreer dat die genetiese wisselwerking versteur word) van die bonobo en die gewone sjimpansee van hul voorouersoort.<ref>{{en}} {{cite journal |author=Caswell JL, Mallick S, Richter DJ, ''et al.'' |title=Analysis of chimpanzee history based on genome sequence alignments |journal=PLoS Genet. |volume=4 |issue=4 |pages=e1000057 |year=2008|pmid=18421364 |pmc=2278377 |doi=10.1371/journal.pgen.1000057 }}</ref>Die bonobo is [[endemies]] aan die vogtige reënwoude in hierdie gebied, net soos ander ikoniese spesies soos Allen se moerasaap, dryasaap, watersivetkat, okapi en kongopou.<ref>{{en}} {{cite book |last=Kingdon |first=Jonathan |authorlink=Jonathan Kingdon |year=1997 |titleThetitle=The Kingdon Guide to African Mammals |publisher=Academic Press Limited |location=London |isbn=0-12-408355-2}}</ref><ref>{{en}} {{IUCN2010|assessors=BirdLife International|year=2008|id=141356|title=Afropavo congensis|downloaded=2 MayMei 2011|version=2010.4}}</ref>
 
Wat waterlewe betref, het die kongostroomgebied 'n baie hoë biodiversiteit en tel onder die hoogste digtheid endemiese spesies wat al opgeteken is.<ref name="Smithsonian2009">{{en}} {{cite web |title= Evolution in the Deepest River in the World |first=Kyle |last=Dickman |date=2009-11-03 |publisher=Smithsonian Magazine |work=Science & Nature |url=http://www.smithsonianmag.com/science-nature/Evolution-in-the-Deepest-River-in-the-World.html}}</ref> Tot nou toe is amper 700 visspesies opgeteken, maar 'n groot aantal streke bly onbestudeerd.<ref name=SudanicCongoOubangi>{{en}} Freshwater Ecoregions of the World (2008). ''[http://www.feow.org/ecoregion_details.php?eco=535 Sudanic Congo – Oubangi.]'' AccessedBesoek op 2 MayMei 2011.</ref>
 
Wat waterlewe betref, het die kongostroomgebied 'n baie hoë biodiversiteit en tel onder die hoogste digtheid endemiese spesies wat al opgeteken is.<ref name="Smithsonian2009">{{cite web |title= Evolution in the Deepest River in the World |first=Kyle |last=Dickman |date=2009-11-03 |publisher=Smithsonian Magazine |work=Science & Nature |url=http://www.smithsonianmag.com/science-nature/Evolution-in-the-Deepest-River-in-the-World.html}}</ref> Tot nou toe is amper 700 visspesies opgeteken, maar 'n groot aantal streke bly onbestudeerd.<ref name=SudanicCongoOubangi>Freshwater Ecoregions of the World (2008). ''[http://www.feow.org/ecoregion_details.php?eco=535 Sudanic Congo – Oubangi.]'' Accessed 2 May 2011.</ref>
Omrede die biodiversiteit so hoog is en daar duidelike ekologiese verskille in die opvanggebied is, word die plek dikwels in veelvoudige ekogebiede opgedeel (pleks van dit as 'n enkele ekogebied te beskou).
Onder hierdie ekogebied het die Neder-Kongoskietstrome alleen meer as 300 visspesies (waarvan ongeveer 80 endemiese spesies),<ref name=RoughWaters>{{en}} {{cite web |last=Norlander |first=Britt |date=20 April 2009 |url=http://findarticles.com/p/articles/mi_m1590/is_13_65/ai_n31583235/ |title=Rough waters: one of the world's most turbulent rivers is home to a wide array of fish species. Now, large dams are threatening their future |publisher=Science World|archiveurl=http://archive.is/A5qc|archivedate=8 July 2012}}</ref> terwyl die suidwestelike gedeelte (Kasai-stroomgebied) alleen omtrent 200 visspesies het (waarvan omtrent 'n kwart endemiese spesies uitmaak).<ref name=Kasai>{{en}} Freshwater Ecoregions of the World (2008). ''[http://www.feow.org/ecoregion_details.php?eco=546 Kasai.]'' Accessed 2 May 2011.</ref> Die oorheersende visfamilies (altans in die sekere dele van die rivier) is [[Cyprinidae]], [[Mormyridae]], [[Alestidae]], [[Mochokidae]] en [[Cichlidae]].<ref name=UpperLualaba>{{en}} Freshwater Ecoregions of the World (2008). ''[http://www.feow.org/ecoregion_details.php?eco=545 Upper Lualaba.]'' Accessed 2 May 2011.</ref> Onder hierdie inheemse rivierspesies is die groot, hoogsvleisetende reuse [[tiervis]] (''Hydrocynus goliath''). Twee of meer ongewone [[endemies]]e Cichlidae-spesies is die wit (ongepigmenteerde) en blinde ''Lamprologus lethops'', wat glo tot 160 meter (520 voet) diep onder die wateroppervlak bly,<ref name=RoughWaters /> en ''Heterochromis multidens'', wat meer op die Amerikaanse Cichlidae-soort as sy Afrika-soort lyk.<ref>{{en}} Kullander, S.O. (1998). ''A phylogeny and classification of the South American Cichlidae (Teleostei: Perciformes).'' ppbl. 461–498 in Malabarba, L., et al. (eds.), Phylogeny and Classification of Neotropical Fishes, Porto Alegre.</ref> Daar is ook talryke endemiese paddas en slakke in die rivieromgewing.<ref name=UpperLualaba /><ref name=LowerCongoRapids>{{en}} Freshwater Ecoregions of the World (2008). ''[http://www.feow.org/ecoregion_details.php?eco=549 Lower Congo Rapids.]'' AccessedBesoek op 2 MayMei 2011.</ref> Etlike beoogde hidroëlektriese damme in die rivier kan die einde van baie van hierdie endemiese spesies beteken.<ref name=RoughWaters />
 
Sekere waterskilpaaie, asook die pantserkrokodil, Nylkrokodil en die dwergkrokodil kom inheems in die Kongostroomgebied voor.
* Inkisi
** Nzadi
* Nsele (suidekant van die MalebodamMalebo-poel)
* Bombo
* Kwa (oftewel Kasai van die invloei van die Fimi stroomop)
[[Lêer:Pirogues on the Congo River -a.jpg|duimnael|Pirogues (kano's van uitgeholde boomstamme) op die Kongorivier]]
* 1837: ''Silence: A Fable'' is 'n kortverhaal deur [[Edgar Allan Poe]]. Hoewel daar in die aanvangsparagraaf van die storie 'n sin lui: ''The region of which I speak is a dreary region in Libya, by the borders of the river Zaire.'' lyk dit nie dadelik of die Afrikaanse Zaïrerivier op die ewenaar betrek word nie, omdat die Zaïrerivier hier in [[Libië]], [[Noord-Afrika]], omskryf word. Dit kan egter wees, as die vlak van aardrykskundige kennis oor Afrika in daardie era in berekening gebring word, dat die naam Libië as 'n algemene naam vir die Afrika-vasteland kan dien. In hierdie geval kan die storie 'n poging wees om die Kongorivier by Afrika op die ewenaar te omskryf. Dit is bewerk vir 'n gelyknamige radioprogram.
* 1878: Henry Morton Stanley dokumenteer sy reis al langs die Kongorivier in ''Through the Dark Continent'', die eerste keer uitgegee in 1878.<ref>{{en}} [http://openlibrary.org/works/OL1104859W/Through_the_Dark_continent Through the Dark continent]. Open Library. RetrievedBesoek onop 2011-11-29 November 2011.</ref>
* 1902: Hoewel nie eksplisiet vermeld nie, dien die Kongorivier as agtergrond vir Joseph Conrad se roman, ''Heart of Darkness''.<ref>{{en}} Omskryf in [[Joseph Conrad]]'s se ''[[Heart of Darkness]]'' as "a mighty big river": "But there was in (the map of the African continent) one river especially, a mighty big river, that you could see on the map, resembling an immense snake uncoiled, with its head in the sea, its body at rest curving afar over a vast country, and its tail lost in the depths of the land."</ref>
* 1914: Die Amerikaanse digter Vachel Lindsay skets 'n donker en barbaarse gemeenskap by die Kongorivier in sy gedig ''The Congo: Study of the Negro Race''
* 1921: Die Kongorivier word vermeld in die gedig van Langston Hughes se gedig ''The Negro Speaks of Rivers''
* 1998: Die rivier se geskiedenis word in die boek ''King Leopold's Ghost'' (deur Adam Hochschild) bespreek.
* 2006: Die rivier se geskiedenis word in die boek ''Brazzaville, A Life for Africa'' (deur Maria Petringa) bespreek.
* 2007: Die Kongorivier en die Demokratiese Republiek van die Kongo vorm die middelpunt van die boek ''Blood River'', wat handel oor die outeur (joernalis Tim Butcher)<ref>{{en}} {{cite web |url=http://www.ft.com/cms/s/2/71b85180-87e5-11e0-a6de-00144feabdc0.html#axzz1NccBGO3m |author=Paul Theroux |title=The places in between |publisher=Financial Times |date=27 MayMei 2011 |accessdate=26 JuneJunie 2011}}</ref> se reisbeskrywing op Afrika se tweede langste rivier. ''Blood River'' was 'n poging om in die spore van Henry Morton Stanley te trap, soos gedokumenteer in ''Through the Dark Continent''. ''Blood River'' is genomineer vir die 2008 Britse Boektoekenning.
* 2010: Die Kongorivier is 'n sentrale onderdeel in die roman deur Mario Vargas Llosa, ''El sueño del celta'' (Die droom van die Kelt), 'n fiktiewe lewensbeskrywing van die Ier, Roger Casement.
* 2012: Phil Harwood se boek ''Canoeing the Congo''<ref>{{en}} Harwood, P. (2012). Canoeing the Congo: First Source to Sea Descent of the Congo River. Matador. ISBN 978-1-78088-007-5.</ref> en amateurrolprent ''Mazungu Canoeing the Congo'' omskryf sy vyf maande alleenvaart per Kanadese kano.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings|24}}
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Congo River|Kongorivier}}
* [http://www.ppl.nl/index.php?option=com_wrapper&view=wrapper&Itemid=82 Bibliografie oor Waterbronne en Internasionale Wetgewing] Peace Palace Library
* [http://www.waterandnature.org/en/resources/publications/thematic-collection/facts-figures/watersheds-world Kaart van die Kongostroomgebied by Water Resources eAtlas]