Verskil tussen weergawes van "Pierre Fourie (bokser)"

→‎Loopbaan: Verbeter
(→‎Loopbaan: Verbeter)
(→‎Loopbaan: Verbeter)
Hy klop Johnny Wood twee keer en Willie Ludick om sy Suid-Afrikaanse middelgewig titels te hou en was onoorwonne. Daarna boks hy ook as 'n ligswaargewig. Hy verdedig sy ligswaartitel tweekeer teen Sarel Aucamp suksesvol en was ook hier onoorwonne. Hy veg twee keer teen Bob Foster vir die ''World Boxing Council'' en ''World Boxing Association'' titels en verloor elke keer met punte. Hy het ook twee keer teen Victor Galíndez geveg vir die ''World Boxing Association''-titel wat hy ook op punte verloor. Die laaste beslissing was omstrede omrede baie mense geglo dat Fourie gewen het. Ironies het Galindez ook in 'n motorongeluk gesterf, vier maande na Fourie.
 
Hy het 52 oorwinnings behaal en was met punte geklop deur Foster op 21 Augustus 1973 in [[Albuquerque, Nieu-Meksiko|Albuquerque]], [[VSA]], op 1 Desember 1973 in die Randse Stadium en deur Galindez op 5 April 1975 in die Standard Bank Arena in [[Johannesburg]] en op 13 September 1975 in die Randse Stadium.
 
Die tweede geveg tussen Fourie en Foster was die eerste geveg in Suid-Afrika tussen 'n swart en 'n wit bokser en was 'n deurbraak om diskriminasie in professionele boks asook ander sport te verwyder. Daar was 37,4704 toeskouers by die geveg, die hekinkomst ewas ongeveer R 500,000 en die wengeld vir Foster was 'n gewaarborgde $ 200,000. Beide die bedrae was wêreldrekors vir hulle tyd vir die ligswaar divisie.