Verskil tussen weergawes van "Kasteel die Goeie Hoop"

1 535 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
+ Prente
(+ Prente)
 
[[Lêer:Kasteel de Goede Hoop circa 1680.jpg|duimnael|links|Anoniem. '''t Casteel de Goede Hoop''. 1674. Den Haag, Algemeen Rijksarchief.]]
[[Lêer:Kasteel de Goede Hoop 2007.JPG|duimnael|Hoofingang na die kasteel, 2007.]]
[[Lêer:South Africa Cape Town Castle Flags.jpg|duimnael|links|Historiese [[Vlag van Suid-Afrika|vlae van Suid-Afrika]] oor die Kasteel de Goede Hoop.]][[Lêer:Kasteel van Goede Hoop binnenkant hoofdingang.JPG|duimnael|Hoofingang van die Kasteel die Goeie Hoop]]
[[Lêer:Kasteel die Goeie Hoop vanaf die Media24-sentrum.jpg|duimnael|links|Die Kasteel gesien vanaf die [[Media24-sentrum]], 2016.]]
 
Die '''Kasteel die Goeie Hoop''' ([[Nederlands]]: ''Kasteel de Goede Hoop'') in [[Kaapstad]] is die oudste gebou uit die blanke vestigingstyd in [[Suid-Afrika]]. Die vesting is tussen 1666 en 1679 deur die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie]] (VOC) gebou, en het 'n klein [[Fort de Goede Hoop|klei- en houtfort]] vervang wat deur [[Jan van Riebeeck]], stigter van die halfwegpos aan die [[Kaap die Goeie Hoop]], gebou is in 1652.
 
== Gebou ==
[[Lêer:Heraldy at the Castle of Good Hope.JPG|duimnael|Wapens van die kamers van die VOC se bestuur, die kenteken van die VOC en die wapen van die ''Staten-Generaal van de Nederlanden'' – bo-op die ingang van die Kasteel die Goeie Hoop]]
Die Kasteel de Goede Hoop is volgens die internasionale standaardstelsel van die vestingbouers Stevyn en Vauban gebou. Kastele met soortgelyke grondplanne word oor die hele wêreld, veral in Nederlandse kolonies, aangetref. In sy ontwerp kan die Kasteel as 'n tipiese voorbeeld van die [[Barok-boukuns]] beskou word. Die Vauban-grondplan was die van 'n vyfhoekige fort met uitstekende hoek bastions (bolwerke) waarvandaan vuurwapendekking aan die reguit mure wat die bastions verbind, verskaf kon word.
[[Lêer:Kat Balcony, Castle of Good Hope.jpg|duimnael|Die Kasteel die Goeie Hoop se Katbalkon]]
Die Kasteel de Goede Hoop is volgens die internasionale standaardstelsel van die vestingbouers Stevyn en Vauban gebou. Kastele met soortgelyke grondplanne word oor die hele wêreld, veral in Nederlandse kolonies, aangetref. In sy ontwerp kan die Kasteel as 'n tipiese voorbeeld van die [[Barok-boukuns]] beskou word. Die Vauban-grondplan was die van 'n vyfhoekige fort met uitstekende hoek bastions (bolwerke) waarvandaan vuurwapendekking aan die reguit mure wat die bastions verbind, verskaf kon word.
 
Die vyf bastions is na voltooiing vernoem na die vyf belangrikste titels van die Prins van Oranje, naamlik Oranje, Katzenellenbogen, [[Nassau]], Buren en Leerdam. Elk van die bastions is 9,14  m hoog en die muur tussen elke bastion 15  m lank. Die Kasteelmure is aan die seekant effens hoër as aan die landkant, maar is gemiddeld sowat 10  m hoog. Baie kenmerkend vir hierdie soort grondplan is die Kat, wat die binnehof van die Kasteel in twee verdeel. Die Kat, wat in 1685 gebou is, is ʼn’n muur van 165  m lank en byna 12  m hoog waarop kanonne opgerig kon word om verdere dekking aan die bastions te verskaf en om as ʼn’n tweede terugvalfront te dien indien die een helfte van die Kasteel tydens 'n aanval vernietig of ingeneem sou word. Verskeie geboue is met verloop van tyd aan weerskante van die Kat opgerig.
 
Die bastions Katzenellenbogen, Nassau en Oranje en die Kat vorm 'n binneplaas wat die "wapenplaats" genoem is. Die bastion aan die suidekant, Oranje, het die werkswinkel en kwartiere van die wapensmid en die wagte van die wapenkamer gehuisves. In Nassau, aan die suidoostekant, is die kruitmagasyn, verskeie kantore en pakkamers ingerig, terwyl Katzenellenbogen, aan die oostekant, onder meer die berugte Donker Gat, selle en die folterkamer (wat eers in 1698 ingerig is) gehuisves het.
 
Die Nederlandse Driekleur is gewoonlik op die muur van Katzenellenbogen gehys. Op een van die mure van Katzenellenbogen is daar 'n skip uitgebeitel wat uit die 17e eeu dateer en wat ʼn’n ooreenkoms toon met die skip wat op die grootseël van die VOC voorkom. In Leerdam, aan die westekant, was die betaalmeester se kantoor en die teregstellingsterrein. Die manskappe en offisiere is oorspronklik in Buren, die noordelike bastion, gehuisves. Die kaptein se toring of uitkyktoring is op die muur tussen Oranje en Leerdam ingerig.
 
Die kasteel het sy eie put gehad (wat vandag nog bestaan). In die Kompanjiesdae was daar ʼn’n piramide vormige stapel kanonkoeëls in die voor- en agterplaas. Daar is van 12-, 18- en 24-ponderkanonne gebruik gemaak, waarvan daar altesaam waarskynlik ʼn’n honderd was. In die geskiedenis van die Kasteel is daar waarskynlik geen enkele skoot van die gebou af geskiet ter verdediging daarvan of ter verdediging van die baai nie. Aanvalle het altyd in ander baaie en op ander strande plaasgevind.
 
Die oorspronklike kwartiere wat in 1674 aan goewerneur Bax toegeken is, was in die muur tussen Oranje en Leerdam geleë. Die eerste amptelike goewerneurswoning is teenaan die [[Katmuur]] opgerig en [[Simon van der Stel]] was die eerste goewerneur wat dit betrek het (in 1691). Simon van der Stel het heelwat veranderings aan die geboue binne die Kasteel aangebring. In sy tyd is die poort in die muur tussen Katzenellenbogen en Buren toegemessel en die nuwe poort in die muur tussen Buren en Leerdam gebou. Hierdie poort, aan die Parade-kant van die Kasteel, is gebou van klein Nederlandse bakstene met pilasters, 'n fries en 'n verdeelde fronton in bewerkte klip. In die fronton (driehoekige pediment) is die Nederlandse Leeu en Kroon in laagreliëf aangebring.
 
Aan weerskante van die ingang is daar ʼn’n pilaster van grysblou klip, en op die twee kapitele verskyn die VOC embleem. Op die fries tussen die twee kapitele kom die wapenskilde voor van die ses Nederlandse stede waar kamers van die Kompanjie gevestig was: [[Amsterdam]], [[Rotterdam]], [[Delft, Nederland|Delft]], [[Middelburg, België|Middelburg]], [[Hoorn]] en [[Enkhuizen]]. Die netjiese messelwerk met die klein geel bakstene (klompjes) in die poort en in die torinkie bo-op dui daarop dat daar in hierdie vroeë stadium reeds puik vakmanne aan die Kaap was. In die agtkantige kloktoring bo-op die poort hang die oorspronklike klok nog. Die klok is in 1697 in Amsterdam gemaak en is gebruik om burgers byeen te roep vir belangrike aankondigings en proklamasies.
 
Dit het ook as alarm gedien in geval van brand of ander gevaar. Aan weerskante van die in- gang is daar 'n skildwaghuisie. Die twee heraldiese leeus by die ingang van die kasteel, wat aan [[Anton Anreith]] toegeskryf word, dateer uit 'n heelwat later tydperk. Die Goewerneurswoning was nie die enigste gebou wat teenaan die Kat-muur gebou is nie. Aan die westekant van die boogingang wat die buiteplein met die binneplaas verbind het, was 'n tweede woning, wat gedurende Simon van der Stel se bewind aan die Sekunde toegewys is. 'n Aantal koringskure met gewelfde plafonne is in 1701 ook teenaan die Kat aangebou. Die opvallendste kenmerk van die Kat is egter die sogenaamde Nuwe Kat of die Kat-balkonKatbalkon. Hierdie balkon, wat toegang verleen tot die Goewerneurswoning en die raadsaal, is meer as 100 jaar na die voltooiing van die Goewerneurswoning (Van der Stel se tyd) toegevoeg.
 
Die ontwerp en uitvoering van die Kat-balkonKatbalkon word dikwels aan die Franse argitek [[Louis Thibault]] en die beeldhouer Anton Anreith toegeskryf. Hoewel die versiering waarskynlik Anreith se werk is, is die ontwerp van die balkon in sy geheel egter van so 'n aard dat dit volkome teen Thibault se ontwerpbeginsels indruis. Die Kat-balkonKatbalkon is een van die verfraaiings wat deur goewerneur Van der Graaff (aan bewind 1785-17911785–1791) aangebring is. Die bouwerk is eerder 'n portiek as 'n balkon.
 
Dit is 'n oordekte ingangstoep met trappe aan weerskante. Die stoep en trappe is met leiklip wat uit Nederland ingevoer is, uitgelê. Die portiek word gesteun deur vier mooi, gegroefde, ioniese suile en twee steunpliare, almal van kiaathout. Die reliëf op die balkonrand toon 'n Nederlandse leeu op 'n gekroonde wapen- skild. Aan weerskante is 'n rustende figuur - een figuur op 'n stapel boeke stel vrede voor, terwyl die ander op 'n kanon oorlog uitbeeld. Die rand is verder met eiketakke en militêre trofee versier.
 
Die pragtige swaar kiaathoutdeur onder die Kat-balkonKatbalkon verleen toegang tot die Goewerneurswoning en verskeie sale. Van hierdie sale word vandag nog vir Staatsgeleenthede gebruik. Die bekendste is die vroeëre Raadsaal, waar die Politieke Raad vergader het en waar die beroemde [[William Fehr-versameling|William Fehrversameling]] vandag gehuisves word. Ander bekende sale is die eetsaal met sy mooi versierde kaggel en die danssaal, wat deur lady [[Anne Barnard]] beplan is. In die voorhof of buiteplein is die meeste regeringskantore, asook die vroeëre Goewerneurswoning, wat na voltooiing van die amptelike Goewerneurswoning teen die Katmuur aan die kaptein van die garnisoen toegeken is. In die binnehof, wat ook die wapenplaats of kaserneplein genoem is, was die graanskure en werkwinkels.
 
ln die binneplaas reg agter die Goewerneurswoning was daar vroeër ʼn’n mooi tuin met 'n dolfynfonteintjie wat deur Anton Anreith gebou is.  Lady Anne Barnard het in hierdie tuin haar beroemde briewe geskryf. Regs van die boogingang wat die binneplaas van die voorhof met mekaar verbind, is daar 'n gangetjie wat na die putshuis lei. Die put is ongeveer 12,5  m diep en moes as bron van water dien in geval van oorlog of beleg. Omdat dit so na aan die see was, was die water baie brak.
 
Van die grag en die drie ophaalbrûe wat dit moes oorspan, het daar nie veel gekom nie. ln 1705 is daar begin met die uitgrawing van ʼn’n kleiner grag binne die groot grag, maar dit is nooit voltooi nie. Die Kasteel was aanvanklik baie na aan die see geleë. Na 'n land herwinningskema in 1937 is 'n groot deel van die strandgebied egter drooggelê en staan die Kasteel vandag ongeveer een kilometer van die see af.
 
== Die Kasteel as middelpunt van die Kaapse samelewing ==
[[Lêer:South Africa Cape Town Castle Flags.jpg|duimnael|Historiese vlae wapper oor die Kasteel die Goeie Hoop (v.l.n.r.; intussen verwyder): die huidige [[vlag van Suid-Afrika]] sedert 1994, die [[Oranje, Blanje, Blou|vorige vlag van Suid-Afrika]] (1928–1994), die [[vlag van die Verenigde Koninkryk]] (1806–1928), die [[vlag van Nederland]] (1803–1806), die vlag van Groot-Britannje (1795–1803) en die Nederlandse Prinsevlag (1652–1795)]]
Die Kasteel was die hoofkwartier van die [[VOC]] aan die Kaap en die politieke, militêre en sosiale lewe aan die Kaap het om die Kasteel gewentel. Met verloop van tyd, ongeveer ʼn honderd jaar nadat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, het daar 'n dorpie om die Kasteel ontwikkel wat later as Kaapstad bekend sou staan.
[[Lêer:Castle of Good Hope key ceremony.jpg|duimnael|Oorgawe van die Kasteel se sleutel – hierdie seremonie word elke middag vertoon]]
Die Kasteel was die hoofkwartier van die [[VOC]] aan die Kaap en die politieke, militêre en sosiale lewe aan die Kaap het om die Kasteel gewentel. Met verloop van tyd, ongeveer ʼn’n honderd jaar nadat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, het daar 'n dorpie om die Kasteel ontwikkel wat later as Kaapstad bekend sou staan.
 
Die Kasteel het egter nog lank die belangrikste gebou in die dorpie gebly. Nadat die ou fort gesloop is, het die [[garnisoen]] en die destydse kommandeur hul intrek in die Kasteel geneem en militêre seremonies en roetine het 'n daaglikse, kleurryke deel van die Kasteel se bestaan geword. Daar was die gereelde seremoniële wisseling van die wag, asook die inspeksie van die wag voordat hulle aan diens gegaan het. Hoewel die militêre offisiere gewoonlik in private huise in die dorp gewoon het, was sowat 400 soldate in die Kasteel gehuisves.
 
Die Kasteel was die setel van die Kaapse bestuur, waarvan die goewerneur en sy raadslede die hoogste gesag was. Van die begin af het die kommandeur, tater die goewerneur, in die Kasteel gewoon, eers in die woning in die muur tussen Leerdam en Oranje en later in die Goewerneurswoning teen die Kat-muur. Ander hoogwaardigheidsbekleërs, soos die [[Sekunde]], het ook in wonings in die Kasteel gewoon. Die gewone amptenare het in herberge of in private huise in die dorp gewoon. [[Die Politieke Raad]], die hoogste gesagsliggaam van die vae aan die Kaap, het gewoonlik in die Kasteel vergader.
 
Die goewerneur was voorsitter en hy is bygestaan deur die Sekunde, die sekretaris en ander hoë amptenare. Vergaderings is in die Raadsaal gehou en proklamasies of belangrike aankondigings is na die klokgelui om die burgers byeen te roep, van die [[Kat-balkon]]Katbalkon af gedoen. Die geregshof het ook in die Kasteel sitting gehad en gevangenes wat gevonnis of ter dood veroordeel is, is in die selle onder [[Katzenellenbogen]] aangehou. Wanneer 'n beskuldigde nie wou praat of erken dat hy 'n misdaad gepleeg het nie, is hy dikwels vir ʼn’n tyd lank in die berugte Donker Gat opgesluit.
 
Beskuldigdes is soms ook in die folterkamer gemartel om ʼn’n erkenning van hulle te verkry. Dit was in daardie jare se regspleging nodig omdat teregstellings nooit sonder 'n bekentenis uitgevoer kon word nie. Terdoodveroordeeldes is in die bastion [[Leerdam]] tereggestel. Die Kasteel was ook die middelpunt van die sosiale lewe aan die Kaap. Die vrouens van die verskillende goewerneurs het hierin ʼn’n leidende rol gespeel. Hulle het groot danspartye en onthale gereël as vermaak vir die Kapenaars – dikwels ook die gewone burgers.
 
Hoogwaardigheidsbekleërs van die VOC, op pad na Indië of op pad terug na Nederland, is gewoonlik ook met groot swier in die Kasteel onthaal. Nadat die Britte aan die Kaap aan die bewind gekom het, was lady Anne Barnard die belangrikste persoon in die Kasteel se sosiale lewe. Sy was die vrou van die Kaapse Koloniale Sekretaris en het as gasvrou vir lord [[George Macartney]] opgetree. Sy het gereeld onthale en danspartye gehou om die Britte en die burgers aan die Kaap aan mekaar voor te stel. Benewens bekendes soos [[Adam Tas]] is ook [[Cetshwayo]], die koning van die Zoeloes, as gevangene in die Kasteel opgesluit. Hy is in 1879 na Kaapstad verban en saam met al sy vrouens in die Kasteel aangehou.
 
Namate Kaapstad uitgebrei het, die goewerneurs uit die Kasteel getrek het om in ander ampswonings te gaan woon en die Kasteel 'n suiwer militêre vesting geword het, het sy rol as middelpunt van Kaapstad afgeneem. Alle regeringskantore is mettertyd ook na geboue in die stad verskuif.
 
== VerwysingsSimbolisme ==
Tot in 2003, toe dit vervang is, is die kenmerkende vorm van die vyfhoekige kasteel op vlae van die [[Suid-Afrikaanse Weermag]] gebruik, het die grondslag vir sommige rangkentekens soos majeur en hoër gevorm, en is ook op vliegtuie van die [[Suid-Afrikaanse Lugmag]] gebruik.
 
<gallery>
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band
Lêer:Ensign of the South African National Defence Force (1994–2003).svg|Vlag van die [[Suid-Afrikaanse Leër]] van 1994 tot 2003
Lêer:Naval Ensign of South Africa (1981–1994).svg|Vaandel van die [[Suid-Afrikaanse Vloot]] van 1981 tot 1994 met die kenmerkende kasteel op
Lêer:Roundel of South Africa (1982-2003).svg|Rondeel van die [[Suid-Afrikaanse Lugmag]] van 1982 tot 2003
</gallery>
 
== Bronnelys ==
* ''[[Wêreldspektrum]]'', 1982, ISBN 09084095590-908409-55-9 band
 
== Verdere leeswerk ==
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Castle of Good Hope|Kasteel die Goeie Hoop}}
* {{en}} [http://www.aboutcapetown.com/castle.htm Toerisme-webwerf]
* {{en}} [http://www.fortified-places.com/capetown/ Kaapstad by ''Fortified Places'']
* {{af}} [http://www.bennozuiddam.com/Kasteel%20Kaapstad.htm ''Prentegalery Kasteel Kaapstad'']
 
{{Normdata}}
{{Koördinate|33|55|33|S|18|25|40|O|region:ZA_type:landmark|aansig=titel}}