Verskil tussen weergawes van "Seoel"

271 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Seoel se ongekende groei van 'n rustige residensiestad met 'n halfmiljoen inwoners voor die begin van die [[Korea-oorlog]] in 1950 tot een van die belangrikste wêreldmetropole weerspieël die geskiedenis van Suid-Korea en sy hard werkende bevolking wat in enkele dekades die transformasie van 'n bitterarm land tot een van die voorste nywerheidslande op aarde bewerkstellig het. Met 'n bevolking van meer as tien miljoen (na wie as Seoeliete verwys word) kwalifiseer Seoel as 'n megastad. Sy metropolitaanse gebied Sudogwon, waar met 25 miljoen inwoners die helfte van Suid-Korea se bevolking saamgetrek is, is die tweede grootste op aarde na dié van Tokio-Jokohama in Japan en sluit die miljoenestede Incheon en Suwon asook die provinsie Gyeonggi in.<ref>Klaus A. Dietsch: ''Seoul. Mit Incheon, Suwon und Ganghwa-Insel''. Tweede hersiene uitgawe. Berlin: Trescher 2017, bl. 51</ref>
 
Ondanks Seoel se nuwe status as tegnologiese megastad hou sy bewoners, net soos ander Suid-Koreaners, daarvan om in die veiligheid van oorgelewerde kulturele en religieuse tradisies gewortel te bly wat vrolike feeste insluit. Dit maak van Seoel 'n stad met aantreklike kontraste soos min op aarde - insluitende een van die mees gesofistikeerde kulinêre tradisies. Net soos moderne tegnologie (met elektroniese verbruikersware wat van mikrogolfoonde tot rekenaars en slimfone strek) vind Suid-Koreaanse ontwerpkuns, argitektuur, modes en musiekstyle soos K-pop, waarvan Seoel die bakermat is, ingang tot die westerse hoofstroomkultuur.
 
== Geografie en klimaat ==