Verskil tussen weergawes van "Voortrekkermonument"

k
Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels
(Skakel)
k (Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels)
Een keer per jaar, om 12 uur op [[16 Desember]], skyn die son deur 'n opening in die koepeldak van die monument op die woorde, "Ons Vir Jou, Suid-Afrika", in die middel van die Senotaaf. Die argitek, [[Gerard Moerdyk|Gerard Moerdijk]], het dit so ontwerp om die sonstraal as God se seën oor die lewe en werk van die [[Voortrekkers]] te simboliseer.
 
Die Senotaaf is van rooi graniet uit die [[Parys, Vrystaat|Parys]]-streek in die [[Vrystaat]] gemaak.<ref>{{cite web |url=http://www.vtm.org.za/afrikaans-voorblad/senotaafsaal/ |title=Voortrekkermonument Senotaafsaal |publisher=www.vtm.org |date= |accessdateaccess-date=20 Junie 2014 |language=af |archive-url=https://web.archive.org/web/20190929124048/http://www.vtm.org.za:80/afrikaans-voorblad/senotaafsaal/ |archive-date=29 September 2019 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref>
 
In sy lengtedeursnee bestaan die monument uit 'n onderste en ʼn boonste saal en 'n onderste en ʼn boonste koepel bokant die sale. In die boonste koepel is 'n opening wat sonlig deurlaat, en die onderste koepel, wat sowat 15 m bokant die vloer van die boonste saal begin, is in der waarheid 'n halwe koepel met 'n groot opening daarin wat om ring is deur 'n balkon waarvandaan op die boonste saal neergekyk kan word. In die vloer van die boonste saal is ook 'n opening, en reg onder die opening staan die senotaaf in die onderste saal.
402 080

wysigings