Christiaan III van Denemarke: Verskil tussen weergawes

k
Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels. Ondersteun: shorturl.at/fmu07
k (Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels. Ondersteun: shorturl.at/fmu07)
Christiaan was die oudste seun van [[Frederik I van Denemarke|Frederik I]] en Anna van Brandenburg. In 1523 is Frederik I tot koning van Denemarke verkies in die plek van sy broerskind [[Christiaan II van Denemarke|Christiaan II]].
 
Twee van Christiaan III se onderwysers was vurige hervormers wat ’n invloed op die jong prins gehad het. Hy het geen geheim gemaak van sy Lutherse sentiment nie. In 1528 het hy die [[Lutherse Kerk]] die staatskerk van [[Sleeswyk-Holstein]] gemaak.<ref>{{cite web |url= https://nbl.snl.no/Christian_3 |title= Christian 3 |publisher = Norsk biografisk leksikon |author= Øystein Rian |accessdateaccess-date= August 15, Augustus 2016 |language=no |archive-url=https://web.archive.org/web/20190508073453/https://nbl.snl.no/Christian_3 |archive-date=8 Mei 2019 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref><ref>{{cite web |url= https://snl.no/Christian_3 |title= Christian 3 |publisher= Store norske leksikon |author= Erik Opsahl |accessdateaccess-date= 15 Augustus 2016 |language=no |archive-url=https://web.archive.org/web/20190508073437/https://snl.no/Christian_3 |archive-date=8 Mei 2019 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref>
 
Ná sy pa se dood in 1533 is Christiaan tot koning verkies. Die Deense staatsraad, wat deur Rooms-Katolieke biskoppe en adellikes oorheers is, het geweier om hom as koning te aanvaar en het hulle tot graaf Christopher van Oldenburg gewend in ’n poging om Christiaan II se bewind te herstel. Graaf Christopher is in die plek van Christiaan III tot regent verklaar en dit het tot ’n twee jaar lange burgeroorlog gelei bekend as die [[Grawevete]] (''Grevens Fejde'', 1534–'36) tussen Protestantse en Rooms-Katolieke magte.<ref>{{cite web |url= http://denstoredanske.dk/Danmarks_geografi_og_historie/Danmarks_historie/Danmark_1536-1849/Grevens_Fejde |title= Grevens Fejde |publisher = Den Store Danske |accessdateaccess-date= 15 Augustus 2016 |language=da |archive-url=https://web.archive.org/web/20190913013003/http://denstoredanske.dk:80/Danmarks_geografi_og_historie/Danmarks_historie/Danmark_1536-1849/Grevens_Fejde |archive-date=13 September 2019 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref> Christiaan III het as oorwinnaar uit die stryd getree en hy het die troon bestyg.
 
Sy sege sou eindelik lei tot ’n einde aan Katolieke Christenskap in Denemarke en die aanvaarding van [[Lutheranisme]] as die Deense staatsgeloof. Dit het op [[30 Oktober]] [[1536]] amptelik geword. [[Klooster]]s is gesluit en die eiendom deur die koning opgeëis. Kerke is toegemaak en katedraalskole gesluit. Biskoppe is gevange gehou totdat hulle ingestem het om te trou en afstand te doen van hul voorregte. Sommige het geweier en martelaars vir hul geloof geword.
411 783

wysigings