Verskil tussen weergawes van "Verna Vels"

423 grepe bygevoeg ,  3 maande gelede
k
 
== Biografie ==
Verna Barbara Robertson Vels is op [[Reitz]] in die [[Vrystaat]] gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy skryf in 1953 vir ’n BA-graad aan die [[Universiteit van Pretoria]] in en voltooi haar studies in 1954 met drie hoofvakke in Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. Vels begin in 1954 by die [[SAUK]] se kantore in [[Durban]] as omroeper te werk. Sy het die draaiboek geskryf vir die rolprent ''[[Lag met Wena: ’n Afrikaanse Filmkonsert]]''. Vir die res van haar professionele loopbaan sou sy nou by die radio- en televisiewese betrokke wees. Sy het Hennie Human na sy uittrede op 31 Desember 1982 by die SAUK opgevolg as direkteur van die destydse TV1 en het die eerste vrou geword wat tot die vlak van senior bestuurder bevorder is.<ref>{{cite book |last=Human |first=Hennie |publisher=Publishing World SA |title=Afrikaners en Afrikaanses: die stryd om identiteit in die Suid-Afrikaanse media en die sterfte van die Afrikaner se uitsaaikultuur |year=2016 }}</ref> Sy was vir die laaste 12 jaar van haar lewe toesighoudende regisseur van ''[[7de Laan]]''.<ref name=mail>{{cite news|last1=Mailovich|first1=Claudi|title=Harte seer oor Verna, 'maar moenie huil'|url=http://www.beeld.com/nuus/2014-08-27-harte-seer-oor-verna-maar-moenie-huil|accessdate=27 August 2014|agency=Beeld|publisher=beeld.com|date=27 Augustus 2014}}</ref>
 
Kort voor haar dood is Vels gediagnoseer met borskanker.<ref>{{cite web |url=http://www.rapport.co.za/Nuus/Nuus/Liewe-Heksie-se-ma-is-siek-20140726 |title=Liewe Heksie se ‘ma’ is siek |date=2014-07-26 |format=html |publisher=[[Rapport]] |accessdate=22 Augustus 2014 }}</ref> Sy is in haar slaap in haar huis in [[Johannesburg]] oorlede.
12 037

wysigings