Verskil tussen weergawes van "Cork"

511 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
 
'''Cork''' ([[Iers-Gaelies|Iers]]: ''Corcaigh'' [ˈkoɾkɪɟ], afgelei van ''corcach'' "moeras") is die tweede grootste stedelike nedersetting in die [[Republiek Ierland]] na [[Dublin]] en die derde grootste op die eiland [[Ierland]] met 'n bevolking van naastenby 120210 000 in die stads- en meer as 300 000 in die metropolitaanse gebied. Alhoewel die stad as administratiewe setel van die gelyknamige graafskap dien, val dit administratief nie onder dié graafskap nie, maar is selfregerend. Die Ierse regstelsel gee aan die stadsraad van Cork dieselfde status as aan 'n graafskapsraad.
 
Cork, wat in die sogenaamde Suidwesstreek (''South-West Region'') en die provinsie Munster geleë is, het langs die oewer van die River Lee ontstaan wat hier, naby die westelike stadsrand, in twee kanale vertak. Die middestad is op die riviereiland geleë wat deur die twee kanale gevorm word. Net oos van Cork se middestad, waar die twee kanale weer tot een rivierloop verenig, het hawehowe en dokke langs die oewers ontstaan wat tot Lough Mahon, 'n inham van die see, en Cork-hawe strek - een van die wêreld se grootste natuurlike seehawens.
 
Die stadsgebied is in Mei 2019 merkbaar uitgebrei met die insluiting van woonkwartiere rondom Cork-lughawe en die aangrensende nedersettings Douglas, Rochestown, Ballincollig, Blasrney en Glanmire.<ref>[https://www.irishexaminer.com/breakingnews/ireland/cork-citys-population-to-grow-by-85000-and-expand-fivefold-at-midnight-927835.html ''Irish Examiner, 30 Mei 2019: Cork City's population to grow by 85,000 and expand fivefold ... at midnight. Besoek op 27 April 2020'']</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Normdata}}