Verskil tussen weergawes van "Choefoe"

241 grepe bygevoeg ,  6 maande gelede
k
Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels. Ondersteun: shorturl.at/klqM2
k (Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels. Ondersteun: shorturl.at/klqM2)
 
=== Wadi al-Jarf ===
Nuwe getuienis oor Choefoe se politieke bedrywighede is onlangs gevind op die plek van die antieke hawe [[Wadi al-Jarf]] aan die [[Rooisee]]kus oos van Egipte. Ná verskeie vroeëre pogings in 1823 en 1954 om daar uitgrawings te doen, het ’n span argeoloë onder leiding van die Franse Egiptoloog Pierre Tallét en Gregory Marouard in Junie 2011 weer opgrawings daar begin doen. Van die materiaal wat hulle gevind het, was ’n versameling van honderde papirusfragmente.<ref name=PTH>Pierre Tallet, Gregory Marouard: ''Wadi al-Jarf – An early pharaonic harbour on the Red Sea coast''. In: ''Egyptian Archaeology'', vol. 40, Cairo 2012, p. 40-43.</ref><ref name=MAP>{{cite news |title=Most Ancient Port, Hieroglyphic Papyri Found |author=Rossella Lorenzi |work=Discovery News |date=12 April 2013 |url=http://news.discovery.com/history/ancient-egypt/worlds-oldest-port-and-egyptian-papyrus-uncovered-130412.htm |accessdateaccess-date=21 April 2013 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20160322223922/http://news.discovery.com/history/ancient-egypt/worlds-oldest-port-and-egyptian-papyrus-uncovered-130412.htm |archive-date=22 Maart 2016 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref>
 
Tien hiervan was goed bewaar. Die meeste van die dokumente dateer uit die 27ste jaar van Choefoe se bewind en beskryf hoe die sentrale administrasie kos en voorraad na die matrose en hawewerkers gestuur het. Choefoe word daarin onder sy [[Serech|Horusnaam]] aangespreek. Een dokument is veral belangrik: die dagboek van ene Mererer, ’n amptenaar wat betrokke was by die bou van die Groot Piramide. Dit het navorsers ’n blik gegee op drie maande van Mererer se lewe en op die alledaagse lewe van mense in die 4de Dinastie.
398 811

wysigings