Verskil tussen weergawes van "J.R.R. Tolkien"

2 grepe verwyder ,  6 maande gelede
k
grafte->graf
(proeflees en taalverbeteringe)
k (grafte->graf)
Tolkien se verblyf in sy geboorteland was kortstondig. Hy was skaars vier toe sy pa sterf en hy, sy ma en boetie Hilary noodgedwonge na Engeland moes terugkeer. Hulle bevind hulle mettertyd in [[Birmingham]].
 
Die graftegraf van J.R.R. Tolkien se vader is in die 1990's herontdek deur lede van die Suid-Afrikaanse Tolkienvereniging. Die graf lê in die staatsakker waar ook presidente van Suid-Afrika begrawe lê.<ref>http://kloofstreet.blogspot.com/2008/03/one-with-photo-of-tolkiens-fathers.html</ref> Die Suid-Afrikaanse Tolkienvereniging het ook die testament van A.R. Tolkien herontdek in die argiewe van die stad. Die gedenkplate op die plek van die voormalige Bank van Afrika lê ook in die stadsargiewe vanweë metaaldiewe.<ref>http://www.tolkiengateway.net/wiki/File:1984_Commemorative_Plaque.JPG</ref>
 
Die vaderlose Tolkien-gesin moes maar spartel om kop bo water te hou, veral toe ma Mabel 'n [[Rooms-Katolieke Kerk|Katoliek]] word en hierdie ommeswaai haar totaal van haar familie vervreem. Nog 'n gevolg van dié stap was dat Ronald en Hilary in die Roomse geloof geskool is en hul lewe deur stoere Katolieke gebly het.
85 857

wysigings