Verskil tussen weergawes van "Seoel"

20 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
k
Koreane
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k (Koreane)
| '''Amptelike webwerf'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [http://www.seoul.go.kr/ www.seoul.go.kr]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
[[Lêer:Gyeongbokgung at evening 1X7A8077.jpg|duimnael|links|Nagaansig van die Gyeongbokgung-paleis, die grootste van vyf koninklike residensies in Seoel van waar die Joseon-dinastie Korea tussen 1395 en 1910 geregeer het. Die Koreaanse naam van die paleis, wat vir amptelike onthale gebruik is en deel uitmaak van 'n hele kompleks, beteken "Paleis van stralende geluksaligheid". ]]
'''Seoel''' ([[Koreaans]]: 서울특별시, [sʌ.ul], {{Audio|Ko-Seoul.ogg|luister}}, "Hoofstad") is die [[hoofstad]] en grootste stad van [[Suid-Korea]], geleë in die uiterste noordweste van die land en net 56 km suid van die grens met die kommunistiese Noord-Korea. Seoel is, met 'n bevolking van sowat 10 miljoen, een van die grootste stede ter wêreld en het 'n oppervlakte van 605,21&nbsp;km². 'Seoul' kom van die Koreaanse woord vir "hoofstad".<ref>{{en}} [http://uk.holidaysguide.yahoo.com/p-travelguide-221948-seoul_history-i Yahoo – 20 Mei 2010]</ref> Seoel was die gasheerstad vir die [[Olimpiese Somerspele 1988]] en een van die vergaderplekke van die [[FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002]].
 
'''Seoel''' ([[Koreaans]]: 서울특별시, [sʌ.ul], {{Audio|Ko-Seoul.ogg|luister}}, "Hoofstad") is die [[hoofstad]] en grootste stad van [[Suid-Korea]], geleë in die uiterste noordweste van die land en net 56 &nbsp;km suid van die grens met die kommunistiese Noord-Korea. Seoel is, met 'n bevolking van sowat 10 miljoen, een van die grootste stede ter wêreld en het 'n oppervlakte van 605,21&nbsp;km². 'Seoul' kom van die Koreaanse woord vir "hoofstad".<ref>{{en}} [http://uk.holidaysguide.yahoo.com/p-travelguide-221948-seoul_history-i Yahoo – 20 Mei 2010]</ref> Seoel was die gasheerstad vir die [[Olimpiese Somerspele 1988]] en een van die vergaderplekke van die [[FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002]].
 
[[Lêer:Gyeongbokgung at evening 1X7A8077.jpg|duimnael|links|Nagaansig van die Gyeongbokgung-paleis, die grootste van vyf koninklike residensies in Seoel van waar die Joseon-dinastie Korea tussen 1395 en 1910 geregeer het. Die Koreaanse naam van die paleis, wat vir amptelike onthale gebruik is en deel uitmaak van 'n hele kompleks, beteken "Paleis van stralende geluksaligheid". ]]
Seoel se ongekende groei van 'n rustige residensiestad met 'n halfmiljoen inwoners voor die begin van die [[Korea-oorlog]] in 1950 tot een van die belangrikste wêreldmetropole weerspieël die geskiedenis van Suid-Korea en sy hard werkende bevolking wat in enkele dekades die transformasie van 'n bitterarm land tot een van die voorste nywerheidslande op aarde bewerkstellig het. Met 'n bevolking van meer as tien miljoen (na wie as Seoeliete verwys word) kwalifiseer Seoel as 'n megastad. Sy metropolitaanse gebied Sudogwon, waar met 25 miljoen inwoners die helfte van Suid-Korea se bevolking saamgetrek is, is die tweede grootste op aarde na dié van Tokio-Jokohama in Japan en sluit die miljoenestede Incheon en Suwon asook die provinsie Gyeonggi in.<ref>Klaus A. Dietsch: ''Seoul. Mit Incheon, Suwon und Ganghwa-Insel''. Tweede hersiene uitgawe. Berlin: Trescher 2017, bl. 51</ref>
 
Ondanks Seoel se nuwe status as tegnologiese megastad hou sy bewoners, net soos ander Suid-KoreanersKoreane, daarvan om in die veiligheid van oorgelewerde kulturele en religieuse tradisies gewortel te bly wat vrolike feeste insluit. Dit maak van Seoel 'n stad met aantreklike kontraste soos min op aarde - insluitende een van die mees gesofistikeerde kulinêre tradisies. Net soos moderne tegnologie (met elektroniese verbruikersware wat van [[mikrogolfoond]]e tot [[rekenaar]]s en [[Slimfoon|slimfone]] strek) vind Suid-Koreaanse ontwerpkuns, argitektuur, modes en musiekstyle soos K-pop, waarvan Seoel die bakermat is, ingang tot die westerse hoofstroomkultuur.
 
== Geografie en klimaat ==
[[Lêer:Seoul, nighttime.jpg|duimnael|links|'n NASA-foto van nagtelike Seoel toon die Hanrivier se W-vormige kronkelloop]]
[[Lêer:Yeoido, Seoul from across the Han (15601157792).jpg|duimnael|links|Seoel se finansiële distrik is op Yeouido, 'n groot eiland in die Hanrivier, geleë]]
Die stad lê in die noorde van Suid-Korea naby die grens met [[Noord-Korea]]. Die stad word in twee verdeel deur die Hanrivier, 'n historiese seeweg en handelsroete na China wat soos 'n groot "W" deur die stadsgebied kronkel en grootliks bygedra het tot Seoel se ontwikkeling. Die onmiddellike omgewing van die hoofstad weerspieël Suid-Korea se bergagtige karakter (bergreekse beslaan sowat 70 persent van die totale oppervlakte). So is die betreklik plat terrein van Seoel se stadsgebied, wat in die Hanriviervlakte geleë is, omring deur berge wat maklike oriëntasiepunte vorm - afgesien van hulle toeristiese gewildheid as bestemming vir staptoere. Die gemiddelde hoogte in Seoel is 86 meter bo [[seevlak]].<ref name=TfaS>{{en}} {{cite web|url=http://geography.about.com/od/southkorea/a/Ten-Facts-About-Seoul-South-Korea.htm|title=Overview of Seoul – The Capital and Largest City in South Korea|accessdate=26 Junie 2016}}</ref>
 
=== Metropolitaanse gebied Sudogwon ===
Sudogwon ('n benaming wat rofweg vertaal as "Hoofstadgebied") as metropolitaanse gebied met Seoel as middelpunt is 'n suiwer geografiese konsep sonder administratiewe funksie. Oorspronlik het dit net uit Seoel en die aangrensende miljoenestede Incheon en Suwon bestaan. As gevolg van die enorme verstedelikingsproses in die gebied is steeds meer satellietstede, wat deel uitgemaak van die openbare vervoerstelsel, hierby ingesluit. Uiteindelik is die hele provinsie Gyeonggi as deel van die metropolitaanse gebied beskou.
 
Administratief vorm die stede net soos die provinsie selfstandige eenhede. So word Seoel as "Besondere stad" bestuur - 'n titel wat aandui dat die stad aan Suid-Korea se nege provinsies gelykgestel is. Incheon word as 'n metropolitaanse stad bestuur, terwyl Suwon as setel van die provinsiale regering fungeer.
 
=== Klimaat ===
 
== Geskiedenis ==
[[Lêer:Lotte World Tower (22074455581).jpg|duimnael|Die middestad van Seoel met die ''Lotte World Tower'' word omring deur grootskaalse residensiële komplekse - die simbole van verstedeliking en binnelandse migrasie van landelike bevolkings]]
[[Lêer:Map Seoul districts de.png|duimnael|links|Distrikte van Seoel]]
Nedersetting in die gebied dateer uit prehistoriese tye, toe klein Neolitiese gemeenskappe ongeveer 20&nbsp;000 jaar gelede langs die Hanrivier gewoon het. Die stad Wiryeseong, gestig as die hoofstad van Paekche (ook gespel Baekje), een van Suid-Korea se ''Drie Koninkryke'', was geleë presies waar Seoel vandag staan. Daar is oorblyfsels van die oorspronklike stadsmure in die suidooste van die sentrale Seoeldistrikte.<ref name=worldguides>{{en}} {{cite web|url=http://www.world-guides.com/asia/south-korea/seoul/seoul_history.html|title=Seoul History Facts and Timeline|accessdate=26 Junie 2016}}</ref>
[[Lêer:The Closing Hour (133264599).jpeg|duimnael|Spitsuur in Seoel]]
[[Lêer:Trolley replica bus in Seoul.jpg|duimnael|Seoel het lankal 'n toeristebestemming uit eie reg geword. Replika-trolliebusse is gewild vir rondritte]]
[[Lêer:Bukchon Hanok Village.jpg|duimnael|Die groot bevolkingskonsentrasie laat min keuses toe wat behuising betref - die meeste Seoeliete word in woonsteltorings gehuisves. Maar ook in 'n vertikale stad soos Seoel is die tradisionele leefstyl in sogenaamde ''hanok'' of eenverdieping-houthuise met tuine in 'n binnehof op plekke bewaar, soos in Bukchon Hanok]]
[[Lêer:500px photo (16143181).jpeg|duimnael|Hanok-binnehof met tuin en poel, Bukchon Hanok]]
[[Lêer:Books in Byeolmadang Library (254828841).jpg|duimnael|Boeke in die Starfield-biblioteek, COEX-winkelsentrum, Gangnam, Seoel]]
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Seoul|Seoel}}
; Amptelike webtuistes
----
* {{ko}} [http://www.seoul.go.kr/ Amptelike webwerf]
 
; Toerisme
----
* {{en}} {{Wikivoyage|Seoul|Seoel}}
* {{en}} [https://www.nationalgeographic.com/travel/destinations/asia/south-korea/best-trips-2017-seoul-south-korea/ ''National Geographic: Seoul: The Cutting-Edge of Cool in South Korea'']
 
; Media
----
* [https://www.youtube.com/watch?v=ALeKNQkGp6Y ''National Geographic/YouTube - Timelapse: South Korea’s Stunning Seoul | Short Film Showcase'']
 
{{Hoofstede in Asië}}