Verskil tussen weergawes van "Joseph Romain-Desfossés"

geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met '{{Inligtingskas Persoon | naam = Joseph Romain-Desfossés | beeld = Yan'Dargent - Amiral Romain Desfossés.jpg | alt = | onderskrif = 1864 portret deur Yan' Dargent |...')
 
| beroep = Vlootoffisier, politikus
}}
'''Joseph Romain-Desfossés''' ([[8 Desember]] [[1798]] – [[25 Oktober]] [[1864]]) was 'n [[Frankryk|Franse]] vlootoffisier en [[Politiek|politikus]].
 
==Lewe==
 
Joseph Romain-Desfossés is op 8 Desember 1798 in [[Couesnon]], Finistère, gebore. Hy het op negejarige ouderdom by die ''Cassard'' aangesluit en 'n [[adelbors]] geword. Op twaalfjarige ouderdom het hy aangesluit by 'n geweerboot wat onder bevel van sy vader, 'n vlootluitenant, was, en daarna vir verskeie jare in die Franse vloot gedien. Hy het in September 1819 'n sub-luitenant, en in Desember 1828 'n luitenant geword. Hy was verbonde aan die personeel van Admiraal [[Jean-Baptiste Grivel]], maritieme prefek by [[Brest]]. {{sfn|Robert|Cougny|1889}}
 
Romain-Desfossés is op 10 April 1837 'n kaptein van die ''la Loire'' gemaak. Hy het 'n vaart meegemaak as kaptein in die [[Levant]] en in 1838 tydens die bombardement van ''San Juan de Ulúa'' die prins van Joinville vergesel. Hy is op 31 Julie 1841 'n Kaptein gemaak, en was vanaf 1844 tot 1847 opperbevelvoerder van die Madagaskar-stasie. Hy het 'n voordelige verdrag met die [[Imam]] van Muscat en Oman gesluit, en 'n vlootdemonstrasie teen [[Madagaskar]] gehou. By sy terugkeer na Frankryk op 27 September 1847 is hy aangestel as kommodoorKommodoor.{{sfn|Robert|Cougny|1889}}
 
Romain-Desfossés was Majoor-Generaal van die vloot in Brest toe hy op 13 Mei 1849 verkies is om [[Finistère]] in die Wetgewende Vergadering te verteenwoordig. Hy was deel van die meerderheid. Op 31 Oktober 1849 is hy deur die President [[Louis Napoleon]] tot minister van die vloot en kolonies aangestel. Op 9 Augustus 1850 is hy tot'n ''groot offisier'' van die [[Erelegieon]] gemaak. Hy het sy pos in Januarie 1851 verlaat en bevelvoerder van die Levant-eskader geword.
 
Hy het op 11 Junie 1853 vise-admiraal, 'n lid van die admiraliteitskomitee en voorsitter van die werkkomitee, geword. Op 20 Maart 1855 is hy benoem tot senator. {{sfn|Robert|Cougny|1889}}
 
In Februarie 1858 het Romain-Desfossés Koningin Victoria te Cherbourg ontvang. Tydens die Tweede Italiaanse onafhanklikheidsoorlog in 1859 was hy in bevel van die eskader van die [[Middellandse See]] en die [[Adriatiese See]]. Na hierdie veldtog het hy [[Tétouan]] in Marokko gebombardeer om hom te wreek oor 'n belediging viraan die vlag. Hy is op 9 Julie 1860 tot admiraal bevorder. Joseph Romain-Desfossés het op 25 Oktober 1864 in Parys gesterf. {{sfn|Robert|Cougny|1889}}
 
==Verwysings==
11 036

wysigings