Verskil tussen weergawes van "Gerard Rissik"

205 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.
k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
 
== Reserwebank en ander werk ==
Rissik het opgang in diens van die Reserwebank gemaak; in 1939 is hy bevorder tot assistent-sekretaris, in 1943 tot sekretaris en hoofrekenmeester, in 1954 tot hoofkassier, in 1958 tot die nuutgeskepte pos van uitvoerende assistent, in 1960 tot vise-president en op1 Julie 1962 tot president van die Reserwebank – ’n pos wat hy tot sy uittrede op 30 Junie 1967 beklee het.<ref>{{en}} {{cite web |title=Dr. Gerard Rissik |url=http://www.resbank.co.za/AboutUs/History/PreviousGovernors/Pages/DrGerardRissik.aspx |format=html |publisher=Suid-Afrikaanse Reserwebank |accessdateaccess-date=19 Junie 2012 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20200413101722/https://www.resbank.co.za/AboutUs/History/PreviousGovernors/Pages/DrGerardRissik.aspx |archive-date=13 April 2020 |url-status=live|df=dmy-all}}</ref> Hy was die eerste amptenaar van die Reserwebank wat deur die range van die bankhiërargie na die mees senior betrekking gevorder het. Hy was ook die eerste sekretaris van die Nasionale Finansiekorporasie (1949-1954) en later ook voorsitter. Insgelyks was hy voorsitter van die Suid-Afrikaanse Banknootmaatskappy.
 
Benewens sy diens aan die Reserwebank het Rissik ook sy dienste aan professionele verenigings, gespesialiseerde ekonomiese organisasies en die gemeenskap beskikbaar gestel. So is hy onder meer in 1950 benoem in die Suid-Afrikaanse Raad van die Geoktrooieerde Instituut van Sekretarisse waarvan hy van 1954 tot 1955 as president gedien het. Hierby was hy ’n geassosieerde lid van die Instituut van Bankiers in Suid-Afrika en in 1960 en 1964 president. ’n Tyd lank was hy ook president van die Nasionale Ontwikkeling- en Bestuurstigting van Suid-Afrika (later die Mannekrag en Bestuurstigting van Suid-Afrika). Ander belangen wat hy gehad het, was sy lidmaatskap van die Genootskap Oud-Pretoria sedert 1948, waarvan het van 1958 tot 1968 thesaurier was, sy diens as trustee van die Suid-Afrika-Stigting en sy bydrae as lid van die raad van die Universiteit van Pretoria. Na sy aftrede was hy lid van die hoofdireksie van die Suid-Afrikaanse Lewensversekeringsgenootskap asook van talle ander maatskappydireksies.
411 783

wysigings