Verskil tussen weergawes van "Coureur de bois"

4 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Beeld:Coureur de bois.jpg|duimnael|regs|170px|''Coureur de bois'' – houtsnee deur Arthur Heming]]
 
Die [[Frans]]e term '''Coureur de bois''' verwys na die pelshandelaars in die [[17de eeu]]se oostelike [[Noord-Amerika]], wat sonder die vergunning van die Franse owerhede handel gedryf het. Die naam beteken letterlik "woudloper".
 
[[Beeld:Voyageur canoe.jpg|duimnael|links|350px|'n [[Kano]], wat deur voyageurs beman word, vaar langs 'n waterval verby. (Skildery deur Frances Anne Hopkins)]]
Die handel was nou onder die beheer van 'n klein aantal handelaars uit Montreal. Terselfdertyd het Nieu-Frankryk 'n beleid van gebiedsuitbreiding begin in 'n poging om die handel te oorheers. Die Franse invloed is in westelike, noordelike en suidelike rigtings uitgebrei. Forte en handelsposte ter ondersteuning van die verkenners en handelaars is opgerig. Handelsooreenkomste is met die inheemse bevolking gesluit, en die georganiseerde pelshandel het sodoende winsgewend geword, maar ook steeds meer ingewikkeld, en die voyageurs, wat aanvanklik onfhanklike handelaars was, moes geleidelik as betaalde werknemers begin optree.
[[Beeld:DSCN4868 nwcompanyfurpostvoyageur e.jpg|duimnael|'n Akteur op 'n historiese terrein in [[Minnesota]] (VSA) tree in die gedaante van 'n voyageur op]]
 
Meestal was die voyageurs nou die bemannings van die kanoes, wat die handelsgoedere en voorrade na die ontmoetingsplekke vervoer het, waar hulle teen pelse geruil is. Hierdie kanoes het langs bekende waterweë gevaar om die pelse na Montreal te vervoer. Sommige van die voyageurs het in die agterland oorwinter en handelsgoedere vanaf die ontmoetingsplekke na verafgeleë Franse buiteposte vervoer. In dié tyd het hulle ook gehelp om handelsbetrekkinge te smee met die inheemse dorpe. In die [[lente]] het hulle pelse vanaf die buiteposte na die ontmoetingsplekke gebring.
Die voyageurs, meesal Franssprekende Kanadese of Métis, wat van Montrealeiland of die ''seigneuries'' en gemeenskappe langs die [[Sint-Laurensrivier]] gekom het, het ook as gidse vir verkenners soos Pierre La Vérendrye gedien. Die voyageurs was ook hoogsaangeskrewe werknemers in diens van handelmaatskappye soos die Noordwes-Kompanjie (''North West Company'', NWC) en die Hudsonbaai-Kompanjie (''[[Hudson's Bay Company]]'', HBC). Danksy die prestasies van die voyageurs was die NWC ook in staat om die HBC uit te daag. Die HBC het in [[1815]] begin om sy eie voyageurs in diens te neem om sodoende die NWC die hoof te kan bied.
 
Die voyageurs het legendariese status bereik, veral in die Franstalige gebied van Kanada. Hulle is volkshelde, wat in die volkskunde en volksang gevier word. Sonder die ''coureurs de bois'' en die voyageurs sou daar geen pelshandel plaasgevind het nie, en die vestiging van Europeërs in groot gebiede van NoodNoord-Amerika sou dalk anders verloop het. Die verkenningstogte, wat die weste van Noord-Amerika ontsluit het, sou nooit plaasgevind het nie, en die verhouding tussen Europeërs en die inheemse volkere sou moontlik anders gewees het.
 
== Bronne ==