Verskil tussen weergawes van "Johan Bax van Herenthals"

Skakel
(Fix PDF link)
(Skakel)
Bax het in [[Colombo]] in [[Ceylon]] diens gedoen waar hy en Aletta 'n dogter genaamd Johanna Maria Bax gehad het. Dié dogter is egter na tien maande oorlede.<ref name ="JDBU">{{cite web|url=http://thedutchburgherunion.org/journals/vol_1_10/JDBU%20-%20Vol%201%20No%204%20-%201908%281%29.pdf|format=PDF|title=The Journal of the Dutch Burgher Union of Ceylon, a Lecture Delivered by Mr. F. H. De Vos in Aid of the Galle Branch of the Y. M. C. A.|accessdate=2019-07-11}}</ref>
 
'''Bax''' was 'n aangename, hardwerkende en hooggeagte persoon. Gedurende sy kort termyn as goewerneur het hy die oorlog met die Hottentotte beëindig en persoonlik meegehelp om die bouwerk aan die [[Kasteel die Goeie Hoop|Kasteel]] feitlik te voltooi. Kort voor sy dood het hy die sekunde, [[Hendrik Crudop]], as waarnemende kommandeur aangestel. 'n Amp wat laasgenoemde tot in Oktober [[1679]] beklee het.
 
Van Heerentals is op [[29 Junie]] [[1678]] in die Kaap oorlede en is op [[4 Julie]] daar begrawe.<ref name="HSSA" /> Daar was destyds 'n groot tekort aan slawe in die Kaapkolonie. Sy [[weduwee]] het voor haar vertrek na Batavia enkele slawe, wat van Malabar afkomstig was, verkoop.<ref>{{nl}} [http://www.stamouers.com/Boeseken.PDF Verkoop van slaven door Aletta Hinlopen]</ref>