Verskil tussen weergawes van "Antieke Griekeland"

4 grepe bygevoeg ,  6 maande gelede
k
k (Skakel)
k (→‎Kronologie: skakel)
Daar bestaan geen vaste of alomaanvaarde datums vir die aanvang of einde van die Klassieke oudheid nie. Dit word tipies gesien as vanaf die 8ste eeu v.C. tot die 6de eeu n.C., oftewel 'n tydvak van sowat 1 300 jaar.
 
Die Klassieke oudheid in Griekeland is voorafgegaan deur die Griekse donkereeue (c. 1100-c. 750 v.C.), wat argeologies betuig word deur die protogeometriese en geometriese stylontwerpe op [[erdeware]], opgevolg deur die Veroosterse tydperk, wat sterk beïnvloed is deur die Siro-Hetitiese, Assiriese, [[Fenisiërs|Fenisiese]] en Egiptiese kulture.
 
Tradisioneel word die [[Argaïese Griekeland|Argaïese tydperk]] van antieke Griekeland gesien as die naloop van die sterk Veroosterse invloed tydens die 8ste eeu v.C., wat ondermeer [[Griekse alfabet|alfabetiese skrif]] na Griekeland gebring het, wat die aanvang van Griekse literatuur ([[Homeros]], [[Hesiodos]]) sou inlui. Die Argaïese tydperk wyk rondom 500 v.C. voor die [[Klassieke Griekeland|Klassieke tydperk]], wat weer in 323 v.C. deur die Hellenistiese tydperk opgevolg word, met die dood van [[Alexander die Grote]].
15 948

wysigings