Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

164 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
== Biografie ==
 
George Bradshaw is in Windsor Bridge, Pendleton naby Salford, [[Lancashire]] gebore. Ná die voltooiing van sy skoolloopbaan het hy 'n leerjongenskap by 'n graveerder in [[Manchester]] begin en in [[1820]] sy eie ateljee in [[Belfast]] geopen. In [[1822]] het hy na Manchester teruggekeer waar hy as graveerder en drukker veral kaarte vervaardig het.<ref>John & Jay Christopher: ''Bradshaw's Guide - London to Birmingham On Stephenson's Tracks''. Stroud, Glos. 2014. eBoek-uitgawe (sonder genommerde bladsye)</ref>
 
Bradshaw was 'n godsdienstige man. Alhoewel sy ouers allesbehalwe welvarend was, het hulle nogtans vir hom lesse betaal by 'n predikant en aanhanger van Emanuel Swedenborg. Hy het tot die Godsdiensgenootskap van Vriende (Kwakers) toegetree en baie van sy tyd aan [[filantroop|filantropiese]] werk bestee. So het hy met radikale hervormers soos Richard Cobden saamgewerk om vredeskonferensies te organiseer en skoolgeriewe en sopkombuise aan arm inwoners van Manchester te verskaf.