Verskil tussen weergawes van "Spoegwolf"

128 grepe verwyder ,  5 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
}}
 
'''Spoegwolf''' is 'n [[Afrikaans]]e [[musiekgroep]] van die [[Paarl]], [[Suid-Afrika]] wat in [[Februarie]] [[2012]] gestig is. Die groep bestaan uit Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang, rymklets) en [[Danie du Toit]] (sang, kitaar, klavier). Van hulle treffers is ''Loerie'', ''Lenie Blou'', ''Bittermaan'' en ''Somerset-Wes''.
 
Op hoërskool het Chris by hulle aangesluit op klawerbord, en in [[2008]] het hulle ''Die Burger'' se ''Jip Rockspaaider''-kompetisie gewen.
Die eersteprys het 'n proffesionele opname in 'n ateljee behels deur ''Paris Recording Studios'' - hul eerste musiekvideo, en gigs moes sorg vir daaglikse uitgawes. In hulle tweede jaar het hy en Albert besluit om dié spelery meer professioneel aan te pak. Die musiekgroep het as ''Ysterkoei'' bekend gestaan tot en met [[2012]], toe Spoegwolf ontstaan het en die groep 'n sterker visie en beeld wou koppel aan die groep en die musiek wat hulle maak.
 
Hulle het ’n sakeplan geskryf en ’n afspraak gemaak om Willem Breytenbach, toe uitgewer van die weeklikse tydskrifte by [[Media24]], te gaan sien. Hulle visie – en met Danie se nuutgevonde insigte te danke aan sy taal- en kultuurvakke verkry in die rekenaarlokaal waar hy saans na ete gaan werk het – was om ’n musiekgroep te skep vir mense wat lief is vir literatuur.
 
“''Ons wou ’n Afrikaanse band wees wat dink.” Hy noem dan ook sy literêre en musiekinspirasie as onderskeidelik Ernest Hemingway, J.D. Salinger en Bruce Springsteen."''
Ten spyte van 'n druk program sedert die stigting van Spoegwolf, kon Danie en Moskou dit steeds regkry om hul restaurant, ''Drum'', in [[Stellenbosch]] te bestuur. Die restaurant kon sy deure oopmaak danksy finansiële steun deur 'n familiemaatskappy. Moskou het in [[2016]] sy opleiding aan die ''Institute of Culinary Arts'' voltooi en Danie vul die bestuursrol van die besigheid.
 
Buiten Spoegwolf het Danie en Chris studeer by die [[Universiteit Stellenbosch]]. Albert werk as 'n kopie-skrywer in [[Kaapstad]] en Moskou is 'n bekende chefsjef. Danie skryf die liedjies en die lirieke, Chris is meestal betrokke met die vervaardiging en opnames en die hele groep doen saam die musikale verwerkings.<ref>{{webaanhaling|url=https://web.archive.org/web/20130630144744/http://www.beeld.com/bylae/2013-06-23-spoegwolf-|titel=Spoegwolf...|werk=[[Beeld]]|datum=26 Junie 2013|eerste=Mart-Marié|laaste=Van Den Berg}}</ref>
 
Die groep besit 'n opname-ateljee waar hulle baie produksiewerk doen. 'n Groot deel van die opnames word by ''Sunset Recording Studios'' buite Stellenbosch, op 'n plaas genaamd ''Wechmarshof'', gedoen. Hul eerste album, ''Swaartekrag'' en die ander opeenvolgende vier albums is almal by die ateljee op ''Wechmarshof'' opgeneem.
2 127

wysigings