Verskil tussen weergawes van "Denver Vraagom"

1 greep bygevoeg ,  5 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
 
'''Denver Vraagom''', gebore op 13 Januarie [[1972]] te [[Mosselbaai]], [[Kaapprovinsie]], is 'n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur, kopieskrywer, aanbieder en stemkunstenaar. Vraagom het in [[Stellenbosch]] grootgeword en het reeds op skool begin deelneem aan dramakompetisies. In [[1998]], in sy graad 810-jaar, het Vraagom by die Breughel Teatergroep aangesluit en het hy die geleentheid gekry om in sy eerste televisiereeks te speel. Wyle Dr. Benoni de Haeck was Vraagom se mentor vir toneelspel en [[Henry Mylne]] het vir Vraagom die fondasie help neerlê vir regisseurswerk.
 
Nadat hy in [[1990]] matrikuleer het, het Vraagom BA Menslike Bewegingskunde studeer aan die [[Universiteit van die Wes-Kaap]], aangesien hy 'n provinsiale gimnas en atleet was en 'n liefde vir sport het. Vraagom het besef dat hierdie studierigting nie in lyn met sy passie vir die kunste is nie en het in [[1992]] begin om as 'n vryskutkunstenaar te werk. Sedertdien is hy 'n akteur, regisseur, televisieaanbieder, skrywer en stemkunstenaar. Vraagom het ook al aan verskeie radiovervolgverhale deelgeneem en was die seremoniemeester vir die [[Ghoema-musiektoekennings]] in [[2014]].
2 127

wysigings