Verskil tussen weergawes van "Arkansas"

12 grepe bygevoeg ,  10 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
[[Lêer:William J Clinton Presidential Library Little Rock AR 2013-06-07 009.jpg|duimnael|links|''William J. Clinton Presidential Library'', Little Rock]]
[[Lêer:Air Force band performs at Clinton library opening.jpg|duimnael|links|Plegtige opening van die Presidensiële Biblioteek in 2004: Eregaste trotseer die reën en luister na die ''Air Force Band''<br/><small>Van links: Barbara Bush, George H.W. Bush, Laura Bush, President George W. Bush, Bill Clinton, Chelsea Clinton, Hillary Clinton, Jimmy Carter en [[Rosalynn Carter]]</small>]]
[[Lêer:Beatles Park Walnut Ridge AR 2013-04-27 003.jpg|duimnael|links|'n Kort tussenlanding van die befaamde Britse popkwartet ''The Beatles'' op Walnut Ridge se streekslughawe in 1964 - hulle was op pad na 'n ontspanningsverblyf op 'n plaas in Missouri - het spore gelaat. Vandag is daar naas 'n monument, wat ter ere van die ''Fab Four'' opgerig is, ook 'n plaza en 'n musiekfees]]
Die eerste Europese nedersetting in die huidige deelstaatgebied was die Franse handelspos ''Poste de Arkansea'' wat deur Henri de Tonti in 1686 teen die oewer van die Arkansas River se benedeloop gestig is. Hier het Franse en Spanjaarde handel gedryf met die plaaslike Quapaw-Indiane. As Arkansas Post was die nedersetting ook van strategiese belang vir die Amerikaners wat dit tot militêre buitepos uitgebou het. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog kon Amerikaanse magte hier in 1783 'n Britse aanval afweer. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het Uniemagte hier in 1863 'n militêre oorwinning oor Gekonfedereerde troepe behaal, maar sonder om hul militêre doelwit, die inname van Vicksburg, te bewerkstellig. Arkansas Post het as eerste territoriale hoofstad gedien.