Verskil tussen weergawes van "Wieg van die Mensdom"

Geen grootteverandering nie ,  10 maande gelede
Die '''Wieg van die Mensdom''' is 'n [[wêrelderfenisgebied]] aan die [[Wes-Rand]], [[Gauteng]], in [[Suid-Afrika]]. Die area is net noordwes van [[Krugersdorp]] langs die [[N14 (Suid-Afrika)|N14 nasionale pad]]. Dit bestaan uit die [[Sterkfontein]]grotte, [[Swartkrans]], [[Kromdraai-fossielterrein|Kromdraai]] en die omliggende dele. Dit is een van die plekke waar die heel oudste hominied- of aapmensfossiele ter wêreld gevind is. Ander fossiele van uitgestorwe dier- en plantspesies is ook al hier gevind. Die fossiele is vasgevang in dolomietrotse wat na raming tot 2,5 miljoen jaar oud is. Daar is elders in [[Afrika]] ook soortgelyke vondste, maar nêrens is daar so baie fossiele soos by Die Wieg van die Mensdom nie.
 
== Ons voorsate: Die Taung-babakind ==
Die eerste bewys van die bestaan van ons voorsate, die australopithesene, en van hul swerftog van die tropiese woude van Afrika na Suider-Afrika, is in Suid-Afrika ontdek. Die australopithesene (“suidelike ape”) was pre-menslike ape wat tussen 4,5 miljoen en 1,5 miljoen jaar gelede op die grasvlaktes en in savannegebiede van Oos- en Suider-Afrika geleef het. Hulle het regop geloop omdat hul dye langer was as dié van ape, terwyl hul arms korter was en hul bekkenskelet geskik was vir ʼn regop liggaamsposisie. Verskillende variasies van die ''Australopithecus''-genus was ''Australopithecus robustus'' en ''Australopithecus africanus''.
[[Lêer:Raymond Dart- Smithsonian Institution Archives - SIA-SIA2008-0845 (cropped).jpg|links|duimnael|Raymond Dart]]
430

wysigings