Verskil tussen weergawes van "Lugvrag"

17 grepe verwyder ,  5 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:An-124 ready.jpg|duimnael|'n Antonof An-124-vragvliegtuig van ''Volga-Dnepr Airlines'', 'n Russiese lugredery wat as wêreldleier op die spesialismark vir superswaar en buitengewoon groot vrag beskou word, is klaargereed om gelaai te word]]
[[Lêer:"Ruslan" An-124 (3966585374).jpg|duimnael|'n Antonof An-124 met oop neuslaaideur op [[Moskou]] se Sjeremetjewo-lughawe]]
[[Lêer:DSRV-1 loaded into AN-124.jpg|duimnael|'n Amerikaanse reddingsduikboot word as nie-gestandaardiseerde lugvrag vervoer]]
[[Lêer:Airbus A300 cross section.jpg|duimnael|Standaardisering van lugvrag deur middel van spesiale houers. Die deursnit deur 'n [[Airbus A300]]-passasierstraler wys die hoofdek met die passasierskajuit (bo) en die vragruimte met houers wat aanvir die vliegtuigromp se ronde vorm aangepas is<br /><small>''Deutsches Museum, München''</small>]]
[[Lêer:US Navy 050904-N-4374S-004 Crew members of a German Air Force A-310 aircraft offload Meals Ready-to-Eat (MRE) on board Naval Air Station Pensacola, Fla., in support of Hurricane Katrina relief efforts.jpg|duimnael|Hulpgoedere is 'n voorbeeld van nie-kommersiële lugvrag waar die tydsfaktor 'n sentrale rol speel. 'n Vragvliegtuig van die Duitse Lugmag vervoer kosvoorrade, wat klaargereed is om as maaltye vir slagoffers van die [[orkaan Katrina]] bedien te word, na 'n Amerikaanse lugmagbasis.]]
Die term '''lugvrag''' verwys na goedere wat per vliegtuig vervoer word, insluitende lugpos. GewigsgewysMassagewys beloop lugvrag se aandeel aan alle goedere, wat oor landsgrense heen vervoer word, slegs een persent. Daarenteen verteenwoordig lugvrag volgens waarde 40 persent van die internasionale handelsvolume. In teenstelling met seevervoer bly lugvragvervoer gewoonlik beperk tot kapitaalintensiewe en bederfbare goedere.<ref>[https://www.bpb.de/nachschlagen/zahlen-und-fakten/globalisierung/52528/luftfracht ''bpb.de, 3 April 2017: Luftfracht. Besoek op 23 Junie 2020'']</ref>
 
In [[Duitsland]], een van die voorste uitvoerlande ter wêreld, het die Federale Vereniging van die Lugvervoerbedryf (''Bundesverband der deutschen Luftverkehrswirtschaft, BDL'') die gemiddelde waarde van uitvoerlugvrag in 2014 as €76&nbsp;906 per ton gegee - teenoor €1&nbsp;871 per ton vir seevrag.
 
Lugvrag word gewoonlik metper vragvoertuievragvoertuig na lughawens vervoer. Hier dien moderne vraghanteergeriewe as koppelvlak tussen openbare padvervoer en die besonderse veiligheidsones van 'n lughawe. Die hantering van verskillende soorte lugvrag - met afwykende afmetings, gewigmassa, vorm en materiaal (wat van luukse motors tot lewende diere en organe vir oorplantings, maar ook die sterflike oorskot van mense kan strek) - onder tydsdruk is 'n logistieke uitdaging vir die betrokke personeel wat hoogs doeltreffende organisasie vereis. Vraghouers en palette moet noukeurig geposisioneer en beveilig word.
 
Lughawens met hoogs geïntegreerde vraghanteergeriewe toon in die vroeë 21ste eeu die vinnigste groei - soos byvoorbeeld lughawens wat as lugvrag-spilpunte vir groot Amerikaanse ondernemings in die bedryf (''FedEx'', ''UPS'' en ''BAX Gobal'') in die bedryf dien.
 
== Geskiedenis ==
Lugvervoer as onafhanklike bedryf met toegewyde vragvliegtuie is in 1931 deur die Amerikaanse lugredery ''Transcontinental and Western Air'' ingevoer toe 'n oornag-lugvragdiens tussen New York en Kansas City begin is. Die vragvliegtuie, wat vir hierdie diens vervaardig is, het 'n snelheid van meer as 100 myl per uur bereik. Die diens was nog ongeskeduleerd - vragvliegtuie het saans vertrek sodra 'n volle volume vrag beskikbaar was, met tussenlandings in Philadelphia, Harrisburg, Pittsburgh, Columbus, Indianapolis en St. Louis. Die vragtarief was $11 per 100 pond.
 
Die eerste geskeduleerde lugvragdiens is in 1940 deur ''United Airlines'' tussen New York en Chicago begin. Daar was geen tussenlandings nie; vliegtuie het om 1123:30 uur saans inuit New York vertrek en soggens om 3:40 uur in Chicago aangekom.<ref>Wensveen (2007), bl. 323</ref>
 
Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] het die Amerikaanse ''Civil Aeronautics Board (CAB)'' 'n hupstoot aan die lugvragbedryf gegee deur gespesialiseede lugvraghanteerders (''air freight forwarders'') in 1948 amptelik toe te laat as middelmanne tussen vervoerondernemings en lugrederye. Hulle het kleiner individuele vragte gekonsolideer om voordeel te trek uit lugrederye se laer tariewe vir groot volumes. 'n Tweede baanbrekende vernuwing was die CAB se besluit om die bedrywighede van drie lugrederye te lisensieer wat uitsluitlik lugvrag vervoer het - ''Slick'', ''U.S. Airlines'' en ''Flying Tiger''.
 
== Tipes vragvliegtuie ==
Daar is drie verskillende tipes vliegtuie wat lugvrag vervoer:
 
* Passasierstralers kan lugvrag vervoer mits hul vragkapasiteit onderskry word. Koerierpos of kleiner koeriergoedere kan in die passasierskajuit vervoer word. Hierdie soort kruissubsidiëring is van ekonomiese belang op nie-winsgewende passasierroetes.
* Gekombineerde vrag- en passasiersvliegtuie is ontwerp met 'n bykomende vragruimte op die hoofdek. Dit word deur die vliegtuigneus en die deure aan die straler se kante gelaai.
* Toegewyde vragvliegtuie is ontwerp om uitsluitlik lugvrag in die vragruimte sowel as op die hoofdek te vervoer. Die laaimetodes is dieselfdesdieselfde soosas vir gekombineerde vliegtuie.
 
== Kenmerke van lugvrag ==
* dit is aan vinnige veroudering onderworpe,
* dit word op kort kennisgewing benodig en bestel,
* dit is in verhouding tot sy gewigmassa van hoë waarde, en
* dit vereis koste-intensiewe hanteer- en stoorgeriewe.
 
85 857

wysigings