Verskil tussen weergawes van "Lugvrag"

222 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Die term '''lugvrag''' verwys na goedere wat per vliegtuig vervoer word, insluitende lugpos. Massagewys beloop lugvrag se aandeel aan alle goedere, wat oor landsgrense heen vervoer word, slegs een persent. Daarenteen verteenwoordig lugvrag volgens waarde 40 persent van die internasionale handelsvolume. In teenstelling met seevervoer bly lugvragvervoer gewoonlik beperk tot kapitaalintensiewe en bederfbare goedere.<ref>[https://www.bpb.de/nachschlagen/zahlen-und-fakten/globalisierung/52528/luftfracht ''bpb.de, 3 April 2017: Luftfracht. Besoek op 23 Junie 2020'']</ref>
 
In [[Duitsland]], een van die voorste uitvoerlande ter wêreld, het die Federale VerenigingDuitse van die LugvervoerbedryfStatistiekburo (''BundesverbandStatistisches der deutschen Luftverkehrswirtschaft, BDLBundesamt'') die gemiddelde waarde van uitvoerlugvragDuitse lugvrag in 20142016 as €76€80&nbsp;906250 per ton gegee - teenoor €1&nbsp;871932 per ton vir seevrag, €1&nbsp;844 vir padvrag en €1&nbsp;278 vir spoorvrag gegee.<ref>[https://www.bdl.aero/wp-content/uploads/2018/09/bdl-luftfahrtaktuell-2017-4.pdf ''Bundesverband der deutschen Luftverkehrswirtschaft (BDL): Luftfahrt aktuell 4|2017. Besoek op 24 Junie 2020'']</ref>
 
Lugvrag word gewoonlik per vragvoertuig na lughawens vervoer. Hier dien moderne vraghanteergeriewe as koppelvlak tussen openbare padvervoer en die besonderse veiligheidsones van 'n lughawe. Die hantering van verskillende soorte lugvrag - met afwykende afmetings, massa, vorm en materiaal (wat van luukse motors tot lewende diere en temperatuurgevoelige lewensnoodsaaklike items soos geneesmiddels, [[bloedplasma]] en organe vir oorplantings, maar ook die sterflike oorskot van mense kan strek) - onder tydsdruk is 'n logistieke uitdaging vir die betrokke personeel wat hoogs doeltreffende organisasie vereis. Vraghouers en palette moet noukeurig geposisioneer en beveilig word.