Verskil tussen weergawes van "Lugvrag"

341 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
Die eerste geskeduleerde lugvragdiens is in 1940 deur ''United Airlines'' tussen New York en Chicago begin. Daar was geen tussenlandings nie; vliegtuie het om 23:30 saans uit New York vertrek en soggens om 3:40 uur in Chicago aangekom.<ref>Wensveen (2007), bl. 323</ref>
 
Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] het die Amerikaanse ''Civil Aeronautics Board (CAB)'' 'n hupstoot aan die lugvragbedryf gegee deur gespesialiseede lugvraghanteerders (''air freight forwarders'') in 1948 amptelik toe te laat as middelmanne tussen vervoerondernemings en lugrederye. Hulle het kleiner individuele vragte gekonsolideer om voordeel te trek uit lugrederye se laer tariewe vir groot volumes. 'n Tweede baanbrekende vernuwing was die CAB se besluit om die bedrywighede van drie lugrederye te lisensieer wat uitsluitlik lugvrag vervoer het - ''Slick'', ''U.S. Airlines'' en ''Flying Tiger''. In 1978 het die ''Airline Deregulation Act'' nog 'n omwenteling in die Amerikaanse lugvaartbedryf teweeg gebring. Die CAB is ontbind en alle beperkings op roetes en tariewe opgehef. Nuwe rolspelers het tot die vinnig groeiende mark begin toetree, terwyl integreerders soos ''FedEx'' die omvang van hul bedrywighede aansienlik uitgebrei het.
 
== Tipes vragvliegtuie ==