Verskil tussen weergawes van "Niels Bohr"

Geen grootteverandering nie ,  9 maande gelede
k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
Deur met hierdie probleme te worstel, het Bohr sy konsep van ooreenstemming ontwikkel – “[[komplementariteit]]”, soos dit bekend begin staan het. Hierdie beginsel het energie-oorgange met ooreenstemmende harmoniese komponente in 'n beweging wat beskryf kon word deur van klassieke meganika gebruik te maak, gekoördineer. Hierdie beginsel is geregverdig toe daar bevind is dat die presiese frekwensie bereken kon word deur van vergelykings vanuit beide kwantum- en klassieke meganika gebruik te maak.
 
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] is Bohr gedwing om uit [[Denemarke]] te vlug en hom in [[Swede]], [[Engeland]] en die [[VSA]] te vestig, waar hy betrokke geraak het by die gebruik van atoomkrag in toepassings wat nie op oorlogvoering gerig is nie. Hy was een van die fisici wat aan die [[Manhattan Projek-projek]] gewerk het.
 
Sy laaste jare is egter in Denemarke deurgebring en hy het op 18 November 1962 in Kopenhagen gesterf.