Verskil tussen weergawes van "Rekenaarbediener"

755 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
 
Rekenaarbedieners hoef dikwels glad nie 'n grafiese koppelvlak te verskaf nie wat meer verwerkingsvermoë laat vir ander take. Doelgemaakte rekenaarbedieners het ook dikwels meer as een sentrale verwerkingseenheid om betroubaarheid en bystandvermoë te verhoog. Sulke bedieners doen dus dikwels weg met die behoefte aan duur grafiese- en klankverwerkingskaarte.
 
Die grootste verskil tussen gewone tafelrekenaars en rekenaarbedieners is nie soseer in die hardeware nie maar eerder in die programmatuur wat daarop gelaai word. Daar word gewoonlik 'n doelgemaakte bedryfstelsel op 'n rekenaarbediener gelaai asook ander sagteware wat daarop gemik is om bediener spesifieke take te verrig.
 
== Bedienerbedryfstelsels ==
Verskeie doelgemaakte bedryfstelsels bestaan om [[rekenaarnetwerk|netwerkbestuurstake]] te vergemaklik. [[Microsoft]] het verskeie weergawes van hul [[Windows 2003]] bedryfstelsel met die oog op verskillende segmente van die netwerkmark (d.w.s. vanaf kleinsake-ondernemings tot groot ondernemings). Ander netwerkbedryfstelsels sluit in die [[GNU/Linux]] verspreidings, [[FreeBSD]] en [[Solaris]].
8 945

wysigings