Verskil tussen weergawes van "Hans du Plessis"

4 grepe bygevoeg ,  9 maande gelede
k
→‎Prosa: skakel
k (→‎Prosa: skakel)
Die roman “'''''Tussen die klippe'''”''<ref>Nel, Ronel “Netwerk24” 16 Mei 2016; Van Rensburg, Cas “Netwerk24” 5 Junie 2016</ref> het in 2016 verskyn. Die beeldskone Susanna Isabella Marais (of is dit Nortier, of dalk Espag?) word in die Moot voor die Hof van Landdros en Heemrade gebring omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes van die gemeente van Efese word uit die Kolonie deur die weledele Sinodale Kommissie, wat die geestelike belange van die geloofsgenote noord van die Vaalrivier behartig, gestuur om oor dié “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te oordeel
 
“'''''Inboekeling'''''”<ref>Van Zyl, Wium “Rapport” 21 September 2014</ref> se titel verwys na die [[inboekstelsel]] van die republieke in Suid-Afrika in die negentiende eeu. Hierdie praktyk was onder andere een van die oorsake van die eerste Engelse anneksasie van Transvaal in 1877, omdat dit beskou is as ’n voortsetting van slawerny. Dit was egter ’n praktyk wat ook in die twee Britse kolonies toegepas is. Swart kinders is ontvoer en dan ingeskryf in ’n boek op die dorp, waarna hulle as slawe vir die wit mense werk.  Die patriarg Hermaans Opperman regeer sy gebied (Hier) met ’n ysterhand en laat sy seun Niklaas enigiets toe. Niklaas kom met Japie Niemand aan ’n riem op die werf van Hier aan. Maria Coetzee dwing Niklaas om die kind terug te neem na sy mense toe, maar die kind verkies om eerder onder haar sorg geplaas te word. Japie Niemand kom van Elders af en was op pad na Niemandsland, maar dit is duidelik dat hy ’n geheim verberg. Daar is onrus onder die gekleurde inboekelinge wat net wag vir ’n geleentheid om uit te bars en dan is daar nog die leeus en wilde natuur wat bedreigings is. Benewens die etiese kwessies wat geopper word, is die boek ook ’n spanningsverhaal.
 
"'''''Tussen die Klippe'''''" is ook 'n historiese roman wat afspeel in die onsekere oorgangsjare rondom die 1850's in die omgewing van te stigte Pretoria. Die verteller, Johannes, word as onwillige heemraadslid gedwing om te oordeel oor die beeldskone jong vrou, Susanna Marais, wat van veelmannery beskuldig word, en soos die Apostel worstel Johannes met die betekenis van die liefde.
17 821

wysigings