Verskil tussen weergawes van "Pieter Willem Bingle"

[[Lêer:Prof Ferdinand Postma, sy vrou, Margaretha Coetsee, en hul dogters Gretchen, Salome en Elizabeth.jpg|duimnael|regs|240px|Margaretha en [[Ferdinand Postma]] en hul drie oudste kinders: Gretchen (O'Grady), Betsie (van der Walt) en Salóme (Lomie Bingle), dr. Bingle se moeder.]]
 
Dr. Bingle iswas die oudste van die ses kinders van wyle prof. Hansie en wyle Salóme Bingle (née Postma) van Pretoria. Johannes Petrus (Hansie) Bingle was 'n seun van ds. [[Pieter Bingle]] en sy eerste vrou, Albertje Catharina Andria (née Coetzee, 1879–1919). Salóme Postma was die derde dogter van prof. [[Ferdinand Postma]] en [[Margaretha Postma|Margaretha Coetzee]]. Prof. Postma was 'n kleinseun van die eerste predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, ds. [[Dirk Postma]]. Dr. Bingle is dus 'n agteragterkleinkind van ds. Postma.
 
Hy het sy skoolopleiding ontvang aan die [[Laerskool Pretoria-Oos]] en [[Afrikaanse Hoër Seunskool]], Pretoria, waar hy een van drie onderhoofseuns was. Sy universiteitsopleiding het hy aan die destyds PU vir CHO ontvang, waar hy die teologiegrade Th.B. (1963, met lof), Th.M. (1986, met lof) en Th.D. (1989, proefskrif ''Die betekenis van die eskatologie [eindgebeure] vir die prediking'') verwerf het.
84 871

wysigings