Verskil tussen weergawes van "Klere"

10 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
k (→‎Ander Asiatiese lande: Interne skakel)
Die moderne Indiërman dra ʼn nousluitende wit broek, ʼn knielengte tuniek wat voor toeknoop en 'n wit hoofbedekking. WesEuropese klere word egter al hoe meer gedra. Die belangrikste kledingstuk van die vrou was en is vandag nog die wol- of sysari, 'n groot doek wat om die lyf gedraai word; die punt word oor die skouer gedrapeer. Die sari word in verskillende streke op verskillende maniere gedrapeer. Bo-oor 'n onderrok en onder die sari word die choli, 'n soort bloese, gedra. Haar hare word in 'n bolla gedra. Die Indonesiërs se belangrikste kledingstuk is die sarong, 'n heupdoek wat tot op die voete hang. In die geval van die vrou is die sarong soms ook 'n doek wat dwars oor die bolyf gevou word.
 
Die materiaal word kleurryk versier met behulp van batik- en ikattegnieke. Oor die sarong kan 'n wit bloese, meestal met 'n hoë nek, gedra word. Die tradisionele kleredrag van die [[Turke|Turkse]] man is 'n baadjie, 'n onderbaadjie met baie knopies, ʼn pofbroek van gekleurde materiaal wat tot oor die knie hang, en 'n [[Kofia|fes]] ('n silindriese hoed van rooi vilt, met 'n blou tossel). Die vrou dra min of meer dieselfde klere, behalwe dat sy 'n ander soort hoed in plaas van die fes dra. In [[Persië]] het die man en die vrou van die 14e eeu af 'n lang kledingstuk met lang moue en 'n los oorkleed gedra. Die oorkleed was voor in die middel oop en het ook lang moue gehad. 'n Gepunte pantoffel of stewel is daarby gedra. Die vrou het 'n sluier, die hyader, om haar kop gedra wat voor vasgemaak is en oor haar skouers gehang het. Oor haar gesig het sy 'n doek of sluier, die rubend, gedra wat net haar oë laat uitsteek het.
 
=== Afrika ===
30 835

wysigings