Verskil tussen weergawes van "Grietjie (kanon)"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
 
== Grietjie se omswerwinge ==
Maritz se weduwee is in 1839 met Isaak Abraham van Niekerk getroud, wat later bankrot gespeel het. Hy het Grietjie in Januarie 19401840 aan die Natalse Volksraad teen 250 riksdalers verkoop – die kanon het dus staatseiendom geword.
 
Op 4 Mei 1842 het kaptein T.C. Smith [[Port Natal]] met 260 man bereik met die opdrag om die Voortrekkerrepubliek Natalia vir [[Groot-Brittanje|Brittanje]] te annekseer. [[Andries Pretorius]] het met 'n kommando weerstand gebied deur Smith se kamp by [[Beleg van Congella|Congella te beleër]]. In Pretorius se laer het die kommando begin om kanonkoeëls te giet en selfs kruit te maak. Die artelleriste het die swaar ankerketting van 'n skip, die [[Mazeppa (skip)|Mazeppa]], opgeëis, dit in stukkies gekap en lood daaromheen gegiet. Tydens hierdie beleg het Pretorius onder meer oor die twee kanonne beskik wat hulle met die [[Slag van Bloedrivier]] gebruik het – Grietjie was een van dié kanonne. Op 23 Mei 1842 het Smith 'n aanval op die Boerelaer geloods, maar moes onverrigter sake terugval. Boonop het die Boere ook nog twee kanonne van die Britte gebuit.
1

wysiging