Verskil tussen weergawes van "Aansteeklike siektes"

11 grepe bygevoeg ,  10 maande gelede
opruim na vertaling, help asb!
k (corr using AWB)
(opruim na vertaling, help asb!)
Van die grootste rampe wat die wêreld nog getref het, was epi­ demies van aansteeklike siektes en infeksiesiektes. Die Swart Dood - 'n pesepidemie van 1347-1351 - het altesame 75 miljoen lewens geëis en tydens die Spaanse Griep van 1918 is 21,5 miljoen mense dood. Die op­knapping van higiëniese toestande, die ontwikkeling van antibiotika en [[inenting]] teen siektes, het daartoe gelei dat die meeste aansteeklike siektes nou behandel kan word.
 
lnfeksiesInfeksies ontstaan wanneer siekte­draende mikro-organismes die lig­gaam binnedring. Dit geskied ge­woonlik deur die slymvlies in die lugweë en minder dikwels deur die vel.
 
Wanneer 'n mens met hierdie siektekieme in aanraking kom, sal die weerstandsvermoë van die lig­gaam bepaal of dit besmet sal word of nie. Die weerstandsvermoë is af­hanklik van faktore soos ouderdom, die voedingstoestand, ander siektes (suikersiekte maak o.m. die liggaam baie ontvanklik vir infeksies), die gebruik van medisyne soos byniers-korshormone (wat die liggaam se weerstand teen siektes verlaag), en ten slotte of die persoon dié spesi­fieke siekte al voorheen onder lede gehad het of nie. As 'n mens voor­heen die siekte opgedoen het, bou die liggaam 'n weerstand daarteen op (immuniteit) wat die liggaam ty­delik of permanent daarteen kan be­skerm.
Inenting kan immuniteit op 'n kunsmatige wyse teweeg bring. Van die oomblik dat die liggaam besmet raak tot die verskyning van die eerste siekte simptome, verloop daar 'n bepaalde periode wat as die ont­kiemingstyd bekend staan. Hierdie periode kan een dag of enkele maande lank wees. Die siektesimp­tome is inderwaarheid 'n reaksie van die liggaam op die siekte kieme. Die ontkiemingstyd is dus die periode wat die liggaam nodig het om op die infeksie te reageer.
 
Hoewel 'n groot aantal aansteek­like siektes reeds in bedwang gebring is, is dit nog steeds die grootste enkele oorsaak van siektes by die mens. Voorbeelde hiervan is griep, verkoues, brongitis (longpyp­ ontsteking), derminfeksies en kindersiektes.
 
== Witseerkeel ==
Wanneer komplikasies intree ná 'n besering, kan dit klem-in-die-kaak (tetanus) veroorsaak. Hoewel daar op groot skaal teen hierdie siekte ingeënt word, kom dit tog dikwels voor omdat die immuniteit slegs van korte duur is. Klem-in-die-kaak word veroorsaak deur die bakterie ''Clostridium tetani'' wat sonder suurstof kan groei (veral onder perde) en beland dan met uit­skeiding in die grond. Die baterieë vorm spore en kan in ongunstige toestande lank in die grond of in vullis aan die lewe bly. Die ''tetanus'' bakterie vervaardig 'n gifstof wat die sentrale senustelsel aantas en verhoogde spierspanning veroorsaak, wat in die begin veral die kaakspiere aantas. As die slukderm en asemhalingspiere aangetas word, kan dit noodlottige gevolge hê.
 
Klem-in-die-kaak word met me­disyne wat spierkrampe teëwerk, behandel. Sodra 'nmensn mens 'nbeseringn besering opdoen, moet hy teen hierdie siekte ingeënt word om die liggaam se immuniteit weer op die regie vlak te bring.Ontstekings in die maag- en dermkanaal is gewoonlik te wyte aaninfeksiesiektes. 'nHelepaarvann Hele paar van hierdie siektes kan ernstige gevolge hê. Buiktifus (typhus abdominalis febris typhoidea) se ontkiemingstyd is een tot twee weke. Die bakterieë Salmonella typhi kom deur middel van besmette voedsel in die lig­ gaam. Die eerste simptome is 'n ef­fense koors en dan fensekoersendan'nbaiehoëkoersn baie hoë koers vir etlike weke, wat met 'n stadige polsslag en tamheid gepàardgepaard gaan. Die bakterie vestig hom gewoonlik in die wande van die dunderm wat dan ernstig ontsteek word. Dit veroorsaak bloederige diarreë (maagwerkings). Buiktifus kan noodlottig wees as dermbloeding intree of in gevalle waar 'n swerende dermwand in die buikholte bars. Die siekte kan egter suksesvol met anti­biotika behandel word. Verspreiding van buiktifus geskied deur uit­skeiding. Hierdie bakterieë word vir maande, en selfs jare ná genesing, nog deur die liggaam uitgeskei. Per­soonlike higiëne is van die aller­grootste belang om die siekte deeglik te bekamp. Paratifus is 'n minder ernstige, maar soortgelyke infeksie as buik­ tifus. Dié siekte gaan met diarreë en braking gepaard.
 
== Disenterie ==
 
== Cholera ==
Cholera word deur die bakterie ''Vibrio cholerae'' veroorsaak. Die simptome is braking, maagpyn en waterige diarree. Die gevaar van die siekte lê ook in die moontlikheid van dehidrasie. Die siekte word be­handel deur die toediening van anti­biotika, asook die inname van groot hoeveelhede vloeistof. Cholera word deur besmette water oorgedra en was tot onlangs (1980/81) nog 'n groot probleem in die oostelike dele van Transvaal en eSwatiniEswatini. Dit het veral onder die Swart plattelandse bevolking voorgekom waar on­higiëniese toestande geheers het. Dit het versprei tot aan die Wit­watersrand en is slegs met groot moeite onder beheergebring.<ref> [[Wêreldspektrum]] 1982 Ensiklodpedie Afrikana (Edms) Bpk
ISBN 0 90409 41 9 Stel
ISBN 0 908409 42 7 Band </ref>
92 236

wysigings