Verskil tussen weergawes van "Rietvlei Natuurreservaat"

(→‎Geskiedenis: skakels bygevoeg)
(→‎Fauna en flora: Uitgebrei)
 
== Fauna en flora ==
Na raming is daar 1 600 stuks wild in die reservaat, insluitend [[blesbok]]ke, [[swartwildebees]]te, [[rooihartbees]]te, [[eland]]e, [[bontkwagga]]s, [[waterbok]]ke, [[rietbok]]ke, [[springbok]]ke, [[rooiribbok]]ke, [[steenbok]] en, [[Gewone duiker|duikers]], [[witrenoster]]s, [[buffel]]s, [[seekoei]]e, [[jagluiperd]]e en [[jakkals]]e. Daar is ook ongeveer 319 soorte [[voël]]s in die reservaat. Die [[leeu]]kamp is slegs deur begeleide toere vir besoekers toeganklik.
 
Inheemse bome, tipies van die [[Hoëveld]], kom in klein groepies voor. Uitheemse bome soos [[populier]]e, bloekombome en wattelbome kom op groot dele van die reservaat voor, maar hierdie [[Indringerplant|indringerspesies]] word aktief deur die reservaatbestuur beheer. Daar is 73 soorte grasse in die reservaat, asook 147 soorte kruidplante wat tussen die gras voorkom.<ref name=Amathyst/>
 
== Bedreigings ==
2 723

wysigings