Verskil tussen weergawes van "Kiel, Duitsland"

105 grepe bygevoeg ,  26 dae gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Skakel)
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Die geskiedenis van Kiel is van begin af deur sy ligging aan die [[Oossee]] bepaal - selfs die naam verwys na die geografiese ligging en het sy oorsprong in die [[Nederduits]]e ''tom kyle'' of "aan die fjord" geleë. Reeds enkele dekades ná sy stigting het Kiel by die magtige [[Hanse]]verbond aangesluit, maar moes sy leidende rol as Oosseehawe ná 'n kort tydperk aan [[Lübeck]] afstaan.
[[Lêer:Ayuntamiento, Kiel, Alemania, 2019-09-10, DD 51-53 HDR.jpg|duimnael|links|Die stadsaal van Kiel]]
 
'n Tweede beduidendebelangrike hupstoot vir die ontwikkeling van Kiel was die stigting van die ''Christiania Albertina'' in [[1665]] - een van die eerste universiteite in die Oosseegebied. In [[1727]] het hertog Friedrich von Holstein-Gottorf sy regeringsetel in die stad gevestig.
 
Die industrialisering in die [[19de eeu]] het van Kiel 'n eersterangse seehawe gemaak - so is belangrike uitvindings soos die eerste Duitse [[duikboot]], die girostatiese kompas en die eggoloot deur Kielse ingenieurs in plaaslike skeepswerwe ontwikkel. [[1871]] het Kiel ná sy inlywing by [[Pruise]] 'n militêre rol as oorlogshawe en hoofbasis van die Duitse Ryksvloot gespeel. Met die opening van die Keiser-Wilhelm-kanaal (later Noord-Oossee- of [[Kiel-kanaal]] genoem) in [[1895]] is Kiel se rol as strategies belangrike seehawe nog eens bevestig.