Verskil tussen weergawes van "Eli Louw"

Geen grootteverandering nie ,  2 maande gelede
Louw het jare lank as familieprokureur en afslaer op Loeriesfontein gewerk en was later die dorp se burgemeester. Hy het in dié tyd ook met vee in die distrik geboer en het die politiek eers op 50-jarige ouderdom betree toe hy onbestrede tot Volksraadslid vir die kiesafdeling [[Namakwaland (kiesafdeling)|Namakwaland]] verkies is. Dié kiesfadeling het destyds ook die enklawe [[Walvisbaai]] ingesluit. In sy 16 jaar in die politiek het hy gevorder van agterbanker tot minister van vervoer as hy ook adjunkminister van finansies en minister van mannekrag.
 
== Minister van veroervervoer ==
Terwyl hy minister van vervoerdienste was, het duie Helderberg-lugramp plaasgevind, is rook op binnelandse vlugte van die [[Suid-Afrikaanse Lugdiens]] verbied, was hy betrokke by die ontwikkeling van die V&A Waterfront in [[Kaapstad]], is die [[Hugenote-tonnelHugenotetonnel]] by die [[Du Toitskloofpas|Dutoitskloofpas]] geopen en het hy afsonderlike treine vir wit mense en ander rasse afgeskaf toe hy in die nag van 7 Junie 1988 stil-stil die apartheidsbordjies op voorstedelike treine in die Kaap laat verwyder het.
Sy lewensverhaal, Oor my pad, het in 2009 verskyn. Hy het dit geskryf en laat uitgee in samewerking met sy skoonseun prof. Attie Gerber, dosent in dokumentêre video en fotografie aan die [[Noordwes-Universiteit]].
 
84 871

wysigings