Bram Stoker: Verskil tussen weergawes

20 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
In 1878 het Stoker met 'n vroeëre buurvrou uit Clontarf, Florence Balcombe getrou, die dogter van luitenant-kolonel James Balcombe. [[Oscar Wilde]] was 'n vroeëre vryer van hierdie mooi vrou.<ref>''Irish Times'', 8 Maart 1882, bl. 5</ref> Stoker en Wilde was kennisse sedert hul studentedae, en Stoker het Wilde gedurende sy ampstermyn as president van die universiteit se ''Philosophical Society'' vir lidmaatskap aanbeveel. Wilde was ontsteld oor Florence se besluit, maar Stoker het sy verhouding met Wilde later herstel en hom ná sy val op die Europese vasteland besoek.<ref>''Why Dracula never loses his bite''. In: ''[http://www.irishtimes.com/newspaper/weekend/2009/0328/1224243595688.html Irish Times]'', 3 Maart 2009</ref>
[[Lêer:London Lyceum Theatre 2007.jpg|duimnael|regs|Die Londense ''Lyceum Theatre'' in 2007]]
Die stokers het hulle in [[Chelsea, Londen|Chelsea]], [[Londen]] gevestig waar Stoker as waarnemende bestuurder en later as sakebestuurder van Irving se ''Lyceum Theatre'' aangestel is – 'n pos wat hy 27 jaar lank sou beklee. Op 31 Desember 1879 is Bram en Florence se enigste kind gebore, 'n seun wat as Irving Noel Thornley Stoker gedoop is. Die samewerking met Irving was vir Stoker van groot belang, en hy het sodoende toegang tot Londen se hoër kringe gekry en kennis gemaak met James Abbott McNeill Whistler en Sir [[Arthur Conan Doyle]], 'n verre verwant van hom.
 
Sy werk vir Irving, die bekendste akteur van sy tyd, en sy aanstelling as bestuurder van een van die suksesvolste teaters in Londen het van Stoker 'n belangrike persoon, maar ook 'n besige man gemaak. Stoker was volledig aan Irving toegewy en het hom vereer, soos uit sy herinneringe blyk. In Londen het Stoker ook 'n kennis en noue vriend van Hall Chaine geword aan wie hy later sy roman ''Dracula'' sou wy.